Getsemane
633
Nou het Hy gekom tot die uur van die mag van die duisternis. Nou
is Sy stem in die stille naglug gehoor, nie oorwinnend nie, maar vol
van menslike angs. Die woorde van die Heiland is gedra tot die ore
van die lomerige dissipels, “Vader, as hierdie beker nie by My kan
verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied.”
Die eerste drang by die dissipels was om na Hom toe te gaan,
maar Hy het hulle beveel om daar te wag, en te waak en te bid.
Toe Jesus by hulle kom, kry Hy hulle nog almal aan die slaap.
Weer het Hy verlang na geselskap, en na woorde van Sy dissipels
wat verligting sou bring en die duisternis sou verdryf wat Hom so
beklem het. Maar hulle oë was swaar van die vaak; “hulle het nie
geweet wat om Hom te antwoord nie.” Sy teenwoordigheid het hulle
wakker gemaak. Hulle het gesien dat Sy gesig die merke gehad het
van die bloedsweet en die angs; en hulle was bang. Die angs wat
Hy verduur het, kon hulle nie verstaan nie. “So misvormd was Sy
voorkomste, geen mens meer nie, en Sy gestalte was nie soos die
van ’n mensekind nie.” Jes. 52. 14.
Jesus het weggedraai, weer na Sy skuilplek gegaan, en neergeval,
oorweldig deur die vrees van die groot duisternis. Die mensheid
van die Seun van God het gesidder in daardie vreesfike uur. Nou
het Hy nie meer vir Sy dissipels gebid dat hulle geloof nie moes
ophou nie, maar vir Sy eie beproefde en angstige siel. Die vreeslike
oomblik het gekom — die oomblik wat die lot van die wêreld sou
beslis. Die lot van die mensdom was in die weegskaal. Selfs nou
nog kon Christus weier om die beker te drink wat ingeskink was vir
die skuldige mensdom. Dit was nog nie te laat nie. Hy kon nog die
bloedsweet van Sy voorhoof afvee, en die mens maar laat vergaan
in sy sonde. Hy kon sê, Laat die oortreder die straf van sy sonde
[707]
kry, en Ek sal teruggaan na My Vader. Sal die Seun van God die
bitter beker van vernedering en loltering drink? Sal die onskuldige
die gevolge dra van die vloek op die sonde ten einde die skuldiges
te red? Bewend kom die woorde oor die bleek lippe van Jesus, “My
Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit
drink nie, laat U wil geskied.”
Driemaal het Jesus hierdie bede gebid. Driemaal het Sy mensheid
teruggedeins vir die laaste groot opoffering. Maar nou was dit of die
geskiedenis van die mensdom opgedoem het voor die Verlosser van
die wêreld. Hy het gesien dat die oortreders van die wet, as hulle aan