632
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die Verlosser het hele nagte in gebed deurgebring vir Sy dissipels,
sodat hulle geloof nie mag ophou nie. As Jesus nou aan Jakobus
en Johannes die vraag gestel het, “Kan julle die beker drink wat Ek
aanstonds gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek
gedoop word?” sou hulle sekerlik nie geantwoord het nie, “Ons kan.”
Matt. 20: 22.
Jesus se stem het die dissipels wakker gemaak, maar hulle het
Hom skaars geken, want Sy gelaat was so deur die angs verander.
Jesus het Petrus aangespreek en gesê: “Simon slaap jy? Was jy
nie in Staat om een uur te waak nie? Waak en bid, dat julle nie
in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is
swak.” Die swak- heid van die dissipels het die simpatie van Jesus
opgewek. Hy het gevrees dat hulle nie in staat sou wees om die toets
te deurstaan wat sou kom ten gevolge van Sy verraad en dood nie.
Maar Hy het hulle nie bestraf nie, en net gesê, “Waak en bid, dat
julle nie in versoeking kom nie. Selfs in Sy lyde, het Hy verskoning
gemaak vir hulle swak- heid. “Die gees is wel gewillig,” het Hy gesê,
“
maar die vlees is swak.”
Weer is die Seun van God oorweldig deur ’n bomenslike folte-
ring, en flou en uitgeput het Hy terug gewaggel na die plek van Sy
vorige worsteling. Sy lyde was nou groter as ooit. Toe die sielsangs
Hom oorval het, het Sy sweet geword “soos bloeddruppels wat op
die grond val.” Die sipres- en palmbome was stille getuies van Sy
angs. Van hulle takke het die dou gedrup op Sy liggaam, asof die
natuur geween het omdat die Skepper daarvan alleen met die magte
van die duisternis worstel.
[706]
’
n Kort rukkie tevore het Jesus soos ’n magtige seder gestaan, wat
die stormwinde van opposisie wat teen Hom aangewaai, getrotseer
het. Halsstarrige wille, en harte vol lis en kwaadwilligheid, het tever-
,
geefs probeer om Hom in verwarring te bring en te oorweldig. Hy
het in Sy goddelike majesteit gestaan as die Seun van God. Maar
nou was Hy soos ’n riet, krom gebuig deur die wrede storm. Hy het
aan die einde van Sy oorwinningswerk gekom, waar Hy op elke stap
die oorwinning oor die magte van die duisternis behaal het. Soos
een
wat reeds verheerlik was, het Hy aanspraak gemaak op eenheid
met God. Sonder om te stamel het Hy Sy lofliedere gesing. Hy het
met Sy dissipels gepraat in woorde van bemoediging en teerheid.