Getsemane
631
begeerte om ’n paar woordjies van troos te hoor van diegene wat
Hy so dikwels geseën en vertroos en beskerm het in droefheid en
eilende. Die Een wat altyd woorde van medelyde vir hulle gehad
het, het nou in bomens- like foltering verkeer, en Hy wou graag weet
dat hulle besig was om vir Hom en vir hulleself te bid. Hoe donker
het die kwaadaardigheid van die sonde gelyk! Verskriklik was die
versoeking om die mensdom aan hulle lot oor te laat om die gevolge
van hulle eie skuld te dra, terwyl Hy sonder skuld voor God staan.
As Hy maar net kon weet dat Sy dissipels dit verstaan en waardeer,
sou dit Hom versterk het.
Sukkelende het Hy van die grond af opgestaan en na die plek
gewaggel waar Hy Sy metgeselle laat staan het. Maar Hy “kry hu e
aan die slaap.” As Hy hulle biddend gevind het, sou dit Hom ver- lig-
ting gegee het. As hulle skuiling in God gesoek het, sodat satamese
werktuie nie die oorhand oor hulle mag kry nie, sou Hy vertroos
ge- wees het deur hulle onwrikbare geloof. Maar hulle het nie agges
aan op die herhaalde vermaning “waak en bid” nie. Aanvanklik was
hulle baie ontstel om hulle Meester, wat gewoonlik so kalm en waar
lg was, te sien worstel met ’n droefheid wat onbegryplik was. Hulle
het gebid toe hulle die gesmeek van die lyer gehoor het. Dit was nie
hulle plan om hulle Here in die steek te laat nie, maar dit was asof
hulle verlam was deur ’n bedwelming wat hulle sou kon afgeskud
het as hulle aangehou bid het tot God. Hulle het nie die nodigheid
om te waak en ernstig te bid om versoeking te weerstaan, besef nie.
[705]
Net vóór hulle na die tuin is, het Jesus aan Sy dissipels gesê,
“
Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My.” Hulle het
Hom beslis verseker dat hulle in die gevangenis en in die dood met
Hom sou gaan. En arme selfvoldane Petrus het bygevoeg, “Al sal
almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie.” Markus 14: 27, 29.
Maar die dissipels het op hulleself vertrou. Hulle het nie op die
magtige Helper vertrou soos Christus hulle vermaan het om te doen
nie. En daarom, toe die Heiland hulle simpatie en gebede die meeste
nodig gehad het, het Hy hulle aan die slaap gevind. Ook Petrus het
geslaap.
En Johannes, die geliefde dissipel wat met sy hoof op Jesus se
bors gelê het, was aan die slaap. Die liefde van Johannes vir sy
Meester moes hom tog seker wakker gehou het. Hy moes saam
gebid het met sy geliefde Heiland in die tyd van Sy groot droefheid.