Page 634 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

630
DIE KONING VAN DIE EEUE
sy hoop op die oorwinning heeltemal vergaan; die koninkryke van
hierdie wêreld sou dan op Christus oorgaan, en hy self sou verslaan
en uitgewerp word. Maar as Christus oorwin sou word, sou die aarde
die Satan se koninkryk word, en sou die mensdom vir altyd onder
sy mag wees. Met die oog op alles wat op die spel was in die stryd,
was Christus se siel vervul met die vrees van verwydering van God.
Die Satan het aan Hom vertel dat as Hy borg vir ’n sondige wêreld
word, sou die verwydering ewig wees. Hy sou geïdentifiseer word
met die koninkryk van die Satan, en Hy sou nooit meer een met God
wees nie.
En wat sou gewin word deur hierdie opoffering? Hoe hopeloos
het die skuld en ondankbaarheid van die mense gelyk! Die Satan het
die saak op sy ergste aan die Verlosser voorgestel: Die mense wat
daarop aanspraak maak dat hulle op stoflike en geestelike gebied
bo alle ander bevoorreg is, het Jou verwerp. Hulle maak planne om
Jou om die lewe te bring — Jy wat die grondslag, middelpunt, en
seël is van die beloftes wat aan hulle gegee is as die eiendomsvolk.
Een van Jou eie dissipels wat geluister het na Jou leer en aan die
voorpunt was in die werk van die kerk, sal Jou verraai. Een van
Jou ywerigste volgelinge sal Jou verloën. Almal sal Jou verlaat. Die
gedagte was afskuwelik vir Christus. Dat diegene wat Hy gekom het
om te red, diegene wat Hy so liefgehad het, saam sou werk om die
Satan se planne uit te voer, dit het Sy siel deurboor. Die stryd was
verskriklik. Dit was so heftig soos die maat van die skuld van Sy
[704]
volk, van Sy beskuldigers en verraaier, en die skuld van ’n wêreld
wat in die sonde lê. Die sondes van die mense het swaar gedruk op
Christus, en die besef van Gods toorn teen die sonde het Sy lewe uit
Hom gepers.
Sien Hom daar waar Hy peins oor die losprys vir die menslike
siel. In Sy angs klem Hy vas aan die koue grond, asof Hy wou belet
dat Hy verder van God verwyder word. Die koue dou van die nag
val op Hom waar Hy daar lê, maar Hy voel dit nie. Van Sy bleek
lippe kom die woorde van die bitter smeekbede, “My Vader, as dit
moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; maar Hy voeg
daaraan toe,“ “nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
Die menslike hart smag na simpatie in lyding. Hierdie verlange
het Christus ook in die diepte van Sy wese gevoel. In die groot
a g van Sy siel het Hy na Sy dissipels gekom met ’n brandende