Page 633 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Getsemane
629
Naby die ingang van die tuin het Jesus almal behalwe drie van
Sy dissipels agtergelaat, en hulle beveel om vir hulleself en vir Hom
te bid. Vergesel van Petrus, Jakobus, en Johannes het Hy na die afge-
sonderde skuilplek gegaan. Hierdie drie dissipels was Christus se
mees vertroude metgeselle. Hulle het Sy heerlikheid op die berg ge-
sien; hulle het gesien hoedat Moses en Elia met Hom praat; hulle het
die stem uit die hemel gehoor; en nou, in Sy groot stryd, het Christus
hulle teenwoordigheid naby Hom verlang. Dikwels voorheen het
hulle die nag saam met Hom op hierdie plek deurgebring. By hierdie
geleenthede, het hulle ná ’n tyd van gebed, rustig n endjie van hulle
Meester geslaap, totdat Hy hulle in die oggend wakkerge- maak het
vir ’n nuwe dag se werk. Hy wou hê dat hulle die nag in gebed saam
met Hom moes deurbring. Maar Hy kon dit darem nie verdra dat
hulle getuies moes wees van die angs wat Hy sou deurmaak nie.
Bly hier en waak saam met My,” het Hy gesê.
Hy het ’n endjie van hulle af weggegaan—nie so ver dat hulle
Hom nie kon sien of hoor nie — en op Sy aangesig geval. Hy het
gevoel dat Hy deur die sonde geskei word van Sy Vader. Die kloof
was so wyd en swart en diep dat Sy gees gesidder het daarvoor. Hy
sou nie Sy goddelike mag gebruik om hierdie lyde te ontwyk nie.
As mens moes Hy die gevolge van die mens se sonde dra. As mens
moes Hy die toorn van God teen die sonde verdra.
Christus se houding was nou heeltemal anders as voorheen. Sy
lyde kan beste beskryf word in die woorde van die profeet, “Ont-
waak, o swaard, teen My herder, en teen die man wat My metgesel
[703]
is! spreek die Here van die leërskare.” Sag. 13: 7. As plaasvervanger
en borg van die sondige mensdom, het Christus gely onder die god-
delike gereg- tigheid. Hy het gesien wat geregtigheid beteken. Tot
nou toe het Hy gestaan as voorspraak vir ander; nou het Hy na ’n
voorspraak vir Homself verlang.
Toe Christus voel dat Sy eenheid met die Vader verbreek word,
het Hy gevrees dat Hy in Sy menslike natuur nie in staat sou wees om
die aanstaande stryd met die magte van die duisternis te verduur nie.
In die woestyn van versoeking was die lot van die mensdom op die
spel. Toe was Christus die oorwinnaar. Nou het die versoeker gekom
vir die laaste groot worsteling. Hiervoor het hy homself in gereedheid
gebring gedurende die drie jaar van Christus se bediening. Wat hom
betref het, was alles op die spel. As hy die neerlaag hier ly, sou