Page 632 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Getsemane
VERGESEL van Sy dissipels het die Heiland stadig gestap na die
tuin van Getsemane. Die paasmaan het vol geskyn in ’n wolke- lose
nag. Die stad van pelgrimstente was in stilte gesus.
Jesus het ernstig met Sy dissipels gesels en hulle onderrig; maar
toe hulle Getsemane nader, het Hy ’n vreemde stilswye bewaar.
Hy het dikwels daardie plek besoek om te peins en te bid; maar
nog nooit met ’n hart so vol droefheid as in daardie nag van Sy
lyde nie. Deur Sy hele lewe op aarde het Hy in die lig van Gods
teenwoordigheid gewandel. In Sy botsings met mense wat besiel was
met die gees van die Satan, kon Hy altyd sê, “Hy wat My gestuur
het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek
altyd doen wat Hom welgevallig is.” Joh. 8: 29. Maar nou het dit
geskyn asof Hy uitge- gesluit was van die lig van Gods behoudende
teenwoordigheid. Nou word Hy saamgetel met die oortreders. Hy
moes die straf op die sondes van die gevalle mensdom dra. Op Hom,
wat geen sonde geken het nie, moet die sondes van ons almal gelaai
word. So vreeslik lyk die sonde vir Hom, so verskriklik was die
gewig van die sondelas wat Hy moes dra. dat Hy in versoeking
gekom het om te vrees dat dit Hom vir ewig van Sy Vader se liefde
sou skei. Toe Hy voel hoe vreeslik Gods toorn teen die sonde is, het
[701]
[702]
Hy uitgeroep, “My siel is diep bedroef tot die dood toe.”
Terwyl hulle die tuin nader, het die dissipels die merkbare veran-
dering gesien wat oor hulle Meester gekom het. Nog nooit tevore het
hulle Hom so hartseer en stil gesien nie. Namate hulle voortbeweeg
het, het hierdie vreemde droefheid toegeneem; maar hulle het dit nie
gewaag om Hom te vra wat die oorsaak was nie. Hy het gewaggel
asof Hy wou val. By die tuin gekom, het die dissipels dadelik na
die gewone plek van stilte gesoek sodat hulle Meester kon rus. Elke
tree wat Hy nou geloop het, het met die grootste inspanning geskied.
Hy het hoorbaar gekreun, asof Hy gedruk is deur ’n verskriklike las.
Tweemaal moes Sy metgeselle Hom ondersteun anders sou Hy geval
het.
628