626
DIE KONING VAN DIE EEUE
te kla oor moeilikhede moet hulle dit te bowe kom. Hulle moet niks
hulle laat moedeloos maak nie, en hulle moet vir die beste hoop.
Met die goue ketting van Sy weergalose liefde het Christus hulle
gebind aan die troon van God. Dit is Sy doel dat die sterkste invloed
in die heelal, wat vloei uit die Bron van alle krag, hulle s’n sal wees.
Hulle sou krag hê om die Bose te weerstaan, krag wat nóg die aarde,
nóg die dood, en nóg die hel kan oorwin; krag wat hulle in staat sal
[699]
stel om te oorwin soos Christus oorwin het.
Dit is Christus se plan dat die orde van die hemel, die hemel
se regeringsplan, die hemel se goddelike eenheid ook in Sy kerk
op die aarde gesien moet word. So sal Hy in Sy kinders verheerlik
word. Deur hulle sal die Son van Geregtigheid helder skyn op die
wêreld. Christus het aan Sy kerk voldoende fasiliteite gegee, sodat
Hy ’n groot inkomste van heerlikheid mag ontvang van Sy verloste,
vrygekoopte eiendom. Hy het aan Sy kinders vermoëns en seëninge
geskenk sodat hulle Sy eie volmaaktheid kan verteenwoordig. Die
kerk, beklee met die geregtigheid van Christus, is die plek waar die
rykdom van Sy genade, barmhartigheid en liefde ten volle geopen-
baar moet word. Christus sien die reinheid en volmaaktheid van Sy
kinders as die loon van Sy vernedering, en die aanvulling van Sy
heerlikheid — Christus die middelpunt uit wie al die heerlikheid
straal.
Met kragtige, hoop-inboesemende woorde het die Heiland Sy
lering beëindig. Toe het Hy Sy siel uitgestort in smeking vir Sy
dissipels. Hy het Sy oë na die hemel gerig en gebid: “Vader, die uur
het gekom; verheerlik U Seun, sodat U Seun U ook kan verheerlik
—
soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal
wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. En dit is die ewige
lewe, dat hulle U ken, die enigste waaragtige God, en Jesus Christus
wat U gestuur het.”
Christus het die werk volbring wat aan Hom gegee is. Hy het God
op die aarde verheerlik. Hy het die Vader se Naam geopenbaar. Hy
het diegene uitverkies wat Sy werk onder die mense moes voortsit.
En Hy het gesê, “Ek is in hulle verheerlik. En Ek is nie meer in die
wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige
Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een
kan wees net soos Ons.” “Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar
ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag