“
Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
625
sê die Here: . . . Ek behoed U en gee U as ’n verbond van die volk
om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
om te sê vir die gevangene: Gaan uit! vir hulle wat in duisternis is:
Kom te voorskyn. . . . Hulle sal geen honger en geen dors hê nie,
en die woes- tyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle
Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van
[698]
water.” Jes. 49: 4, 5, 7-10.
Jesus het Hom in hierdie woord berus, en Hy het die Satan geen
kans gegee nie. Toe Christus die laaste endjie van die weg van
vernedering sou bewandel; toe die grootste angs Sy siel beklem het,
het Hy aan Sy dissipels gesê, “Die owerste van hierdie wêreld kom
en het aan My niks nie.” “Die owerste van hierdie wêreld geoordeel.”
Nou sal hy uitgewerp word. Joh. 14: 30; 16: 11; 12: 31. Met ’n
pro- fetiese oog het Christus die tonele gesien van Sy laaste groot
stryd. Hy het geweet dat die ganse hemel ’n triomfkreet sou aanhef
wanneer Hy uitroep, “Dit is volbring.” Sy oor het die musiek en
oorwinnings- kreet in die hemelse howe gehoor. Hy het geweet dat
die doodsklok van die Satan se ryk sou lui, en dat die Naam van
Christus van wêreld tot wêreld in die groot heelal uitgeroep sou
word.
Christus het Hom daarin verbly dat Hy meer vir Sy navolgers
kon doen as wat. hulle ooit kon dink of vra. Hy het met versekering
gespreek, wetende dat ’n almagtige dekreet gegee is voordat die
wêreld gemaak is. Hy het geweet dat die waarheid, gewapen met
die almag van die Heilige Gees, sou oorwin in die stryd teen die
sonde; en dat die met bloedbevlekte banier oorwinnend sou wapper
oor Sy navolgers. Hy het geweet dat die lewens van Sy vertrouende
dissipels soos Syne sou wees, naamlik ’n reeks oorwinnings, wat nie
so hier gesien word nie, maar wel in die hiernamaals.
“
Dit het Ek aan julle gesê,” het Hy verklaar, “dat julle in My
vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou
goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” Christus het nie gefaal nie,
ook was Hy nie moedeloos nie, en Sy navolgers moet dieselfde
volhardende geloof openbaar. Hulle moet lewe soos Hy gelewe het,
en werk soos Hy gewerk het, omdat hulle op Hom vertrou as die
groot Meesterwerker. Moed, energie, en volharding is die dinge wat
hulle moet hê. Al sou skynbaar onoorkomelike moeilikhede hulle
weg versper, moet hulle deur Sy genade voorwaarts gaan. Pleks van