624
DIE KONING VAN DIE EEUE
gekeer kon word nie. Almal wat besiel is met Sy Gees sal liefhê soos
Hy liefgehad het. Die beginsel wat Christus besiel het, sal ook hulle
besiel in hulle omgang met mekaar.
Hierdie liefde is die bewys van hulle dissipelskap. “Hieraan sal
[697]
almal weet dat julle My dissipels is,” het Jesus gesê, “as julle liefde
onder mekaar het.” Wanneer mense verbind is, nie deur dwang of
eiebelang nie, maar deur liefde, is dit bewys van die werking van
’
n invloed wat bokant menslike invloede is. Waar hierdie eenheid
bestaan, is dit bewys dat die beeld van God herstel word in die
mensheid, dat ’n nuwe lewensbeginsel ingeplant is. Dit toon dat
daar krag is in die goddelike natuur om die bonatuurlike magte van
ongeregtigheid te weerstaan, en dat die genade van God die selfsug
van die natuurlike hart kan onderdruk.
Hierdie liefde, in die kerk geopenbaar, sal sekerlik die woede
van die Satan opwek. Christus het nie vir Sy dissipels ’n maklike
pad aan- gewys nie. “As die wêreld julle haat,” het Hy gesê, “moet
julle weet dat hy My voor julle gehaat het. As julle van die wêreld
was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die
wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom
haat die wêreld julle. Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ’n
Dienskneg is nie groter as sy heer nie, As hulle My vervolg het, sal
hulle julle ook vervolg. As hulle My woord bewaar het, sal hulle julle
woord ook bewaar. Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen
om My Naam ontwil, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het
nie.” Die evangelie moet verkondig word deur ’n aggressiewe stryd
te midde van op- posisie, gevaar, verlies, en lyding. Maar diegene
wat hierdie werk doen, volg maar net in die voetstappe van hulle
Meester.
As Verlosser van die wêreld, het Christus telkens voor skynbare
mislukking gestaan. Hy, die boodskapper van genade aan die wêreld,
het oënskynlik min van die reddings- en opheffingswerk gedoen wat
Hy so graag wou doen. Sataniese invloede het gedurig Sy werk teen-
gestaan. Maar Hy wou nie toegee aan moedeloosheid nie. Deur die
profesie van Jesaja het Hy verklaar, “Tevergeefs het Ek My vermoei,
My krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is My reg by die
Here, en My loon is by My God. ...” Dit is aan Christus wat die
belofte gegee is, “So sê die Here, die Verlosser van Israel, Sy heilige,
vir die diep veragte, vir Hom wat ’n afsku is by die volk. . . . So