Page 627 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
623
en gevoelloos nie. Daar is lote wat op die grond sleep; hulle moet
Hy los sny van die dinge op die grond waaraan hulle vas is. Hulle
moet na bo rank en hulle in God anker. Die oortollige blare trek die
lewenssap van die vrugte af weg, en alles moet weggesnoei word.
[696]
Die groeisel bo-oor moet verwyder word sodat die genesende strale
van die Son van Geregtigheid kan indring. Die landbouer sny alles
wat nadelig is weg, sodat daar mooier en meer vrugte kan wees.
Hierin is My Vader verheerlik,” het Jesus gesê, “dat julle veel
vrug dra.” God verlang om deur julle die heiligheid, die barmhartig-
heid, en ontferming van Sy eie karakter te openbaar. Die Heiland het
nie aan die dissipels gesê dat hulle moes werk om meer vrugte te dra
nie. Hy het aan hulle gesê om in Hom te bly. “As julle in My bly, sê
Hy,” “en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle
sal dit kry.” Dit is deur die Woord dat Christus in Sy navolgers; bly.
Hierdeur ontstaan dieselfde lewende verbintenis as wat voorgestel is
deur Sy vlees te eet en Sy bloed te drink. Die woorde van Christus
is gees en lewe. Deur hulle aan te neem, ontvang ons die lewe van
die Wynstok. Ons lewe van “elke woord wat deur die mond van God
uitgaan.” Matt. 4: 4. Die lewe van Christus in julle bring dieselfde
soort vrugte voort as Hy. Lewende in Christus, verbind met Christus,
ondersteun deur Christus, gevoed deur Christus, sal julle vrugte dra
soos die van Christus.
In hierdie laaste onderhoud met Sy dissipels, het Christus Sy
groot begeerte uitgespreek dat hulle mekaar moet liefhê soos Hy
hulle liefgehad het. Herhaaldelik het Hy hiervan gespreek. “Dit ge-
bied Ek julle,” het Hy telkens gesê, “dat julle mekaar moet liefhê.”
Sy eerste woorde aan hulle daar alleen in die bovertrek was, “’n
Nuwe gebod gee Ek vir julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek
julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” Vir die dissipels
was dit ’n nuwe gebod; want hulle het mekaar nie liefgehad soos
Christus hulle liefgehad het nie. Hy het gesien dat ’n nuwe gesind-
heid in hulle harte moet kom; dat hulle nuwe beginsels in die praktyk
moet bring; deur Sy lewe en dood sou hulle ’n nuwe besef van liefde
kry. Die gebod om mekaar lief te hê, het ’n nuwe betekenis gekry
in die lig van die opoffering van Homself. Die hele werk van die
genade is ’n onafgebroke diens van liefde, van selfverloëning, en
van selfopoffering. Gedurende elke uur van Christus se verblyf op
die aarde het die liefde van God uit Hom gevloei in strome wat nie