Page 626 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

622
DIE KONING VAN DIE EEUE
van die Heilige Gees, ’n deelgenoot van die goddelike natuur. Hy
word aangeneem in die Geliefde.
Hierdie verbintenis met Christus, as dit eenmaal daar is, moet
ge- handhaaf word. Christus het gesê, “Bly in My, en Ek in julle.
Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die
wynstok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie.” Hier
word gesin-speel op ’n blywende verbintenis. Die loot word deel
van die lewende wynstok. Die mededeling van die lewe, die krag,
en die vrugbaarheid van die wortels na die lote, vind ongehinderd
en gedurig plaas. Afgesny van die wynstok, kan die loot nie lewe
nie. Net so min, het Jesus gesê, kan julle sonder My lewe. Die lewe
wat julle van My ontvang het, kan bewaar word alleen deur gedurige
gemeenskap. Sonder My kan julle nie een sonde oorwin, of een
versoeking weerstaan nie.
[695]
Bly in My, en Ek in julle.” Om in Christus te bly, beteken ’n
onafgebroke ontvangs van Sy Gees, ’n lewe van volkome toewyding
aan Sy diens. Die kanaal van gemeenskap tussen die mens en sy
God moet gedurig oop wees. Net soos die loot gedurig sap trek uit
die lewende wynstok, so moet ons aan Jesus vasklem en deur geloof
van Hom die krag en volmaaktheid van Sy eie karakter ontvang.
Die wortel stuur voeding deur die loot na die kleinste rankie.
So gee Christus die stroom van geestelike krag aan elke gelowige.
Solank as die siel met Christus verbind is, is daar geen gevaar dat
die loot sal verdor en doodgaan nie.
Die lewe van die wynstok sal gesien word in die heerlike trosse
aan die lote. “Wie in My bly,” het Jesus gesê, “en Ek in hom, hy dra
baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.” Wanneer ons
deur geloof in die Seun van God lewe, sal die vrug van die Gees in
ons lewens gesien word; nie een sal vermis word nie.
As iemand in My nie bly nie,” het Christus gesê, “word hy
uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en
gooi dit in die vuur, en dit verbrand.”
Elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug
kan dra.” Van die gekose twaalf wat Hom gevolg het, sou een, as ’n
verdorde loot, weggeneem word terwyl die ander onder die snoeimes
van bittere beproewing sou deurloop. Jesus het teer, dog ernstig, die
doel van die Landbouer verduidelik. Die snoei sal pyn veroorsaak,
maar dit is die Vader wat die mens hanteer. Hy werk nie onverskillig