Page 625 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
621
Ek is die ware wynstok.” Die Jode het altyd die wynstok beskou
as die edelste onder die plante, en as tipe van alles wat sterk, voortref-
lik, vrugbaar was. Israel is voorgestel as ’n wingerd wat God ge-
plant het in die Beloofde Land. Die Jode het hulle hoop op die
verlossing gegrond op die feit van hulle verbintenis met Israel. Maar
Jesus sê, Ek is die ware wynstok. Moenie dink dat julle deur julle
verbintenis met Israel deelgenote van die lewe van God kan word,
en erfgename van Sy belofte nie. Geestelike lewe kan alleen deur
My ontvang word.
Ek is die ware wynstok, en My Vader is die landbouer.” Op
die berge van Palestina het ons hemelse Vader ’n pragtige Wynstok
geplant, en Hy self is die landbouer. Baie het aangetrokke gevoel
tot hierdie Wynstok, en het gesê dat dit uit die hemel was. Maar
vir die leiers in Israel was dit soos ’n wortel uit die droë grond.
Hulle het die Plant geneem en dit verbrysel en onder onheilige voete
[694]
vertrap. Hulle het gemeen om dit vir ewig te vernietig. Maar die
hemelse Landbouer het Sy oog oor Sy Plant gehou. Nadat die mense
gedink het dat hulle dit vernietig het, het Hy dit geneem en aan die
anderkant van die muur geplant. Die Wynstok sou nie langer sigbaar
wees nie. Dit was verberg vir die wrede aanvalle van mense. Maar
die ranke van die Wynstok het oor die muur gehang. Hulle moes die
Wynstok verteen- woordig. Deur hulle kon ranke nog ingeënt word
op die Wynstok. Van hulle is vrugte verkry. Daar was n oes wat die
verbygangers gepluk het.
Ek is die wynstok, julle die lote,” het Christus aan Sy dissipels
gesê. Alhoewel Hy eerlank van hulle sou verwyder word, sou hulle
geestelike verbintenis met Hom onveranderd bly. Die verbintenis
van die loot met die wynstok, het Hy gesê, is n voorstelling van julle
verhouding tot My. Die loot word op die lewende wynstok ingeënt,
en vesel vir vesel, en aar vir aar, groei dit vas aan die wynstok. Die
lewe van die wynstok word die lewe van die lote. So ontvang die
siel wat dood is in sondes en oortreding lewe deur verbintenis met
Christus. Deur geloof in Hom, as persoonlike Saligmaker, word die
verbintenis bewerkstellig. Die sondaar verbind sy swakheid met die
krag van Christus, sy leegheid met Christus se volheid, sy nietigheid
met Christus se ewigheid. Dan kry hy die gesindheid van Christus.
Die mensheid van Christus het ons mensheid geraak, en ons mens-
heid het Sy Godheid geraak. So word die mens, deur die werking