620
DIE KONING VAN DIE EEUE
stellig. Die Heiland het hom gesien in sy eieliefde en selfvertroue
wat sterker was as selfs sy liefde vir Christus. In sy lewe is daar
swakhede, sondes, on- verskilligheid, siegte humeur, en koppigheid
geopenbaar. Christus se ernstige waarskuwing was bedoel om hom
sy hart te laat ondersoek. Petrus moes homself wantrou, en meer
op Christus vertrou het. As hy in nederigheid die waarskuwing aan-
geneem het, sou hy die Herder van die skape gesmeek het om Sy
skape te bewaar. Toe hy op die meer van Galilea wou wegsink, het
hy uitgeroep, “Here, red my!” Matt. 14: 30. Toe het Christus Sy
hand uitgesteek en sy hand gegryp. En so ook nou, as hy maar net
tot Jesus geroep het, Red my van myself, sou hy bewaar gebly het.
Maar Petrus het gevoel dat hy nie vertrou word nie, en dit was vir
hom ’n wrede gedagte. Hy het reeds aanstoot geneem, en hy het
koppiger geword in sy selfvertroue.
Jesus het Sy dissipels met liefde gadegeslaan. Hy kan hulle nie
verlos van die beproewing nie, maar Hy laat hulle nie troosteloos
nie. Hy verseker hulle dat Hy die boeie van die graf sal breek, en
dat Sy liefde vir hulle nie sal faal nie. “Nadat Ek opgestaan het,”
het Hy gesê, “sal Ek voor julle uit na Galilea gaan.” Matt. 26: 32.
Voor die verloëning het hulle die versekering van vergifnis gehad.
Na Sy dood en opstanding, het hulle geweet dat hulle vergewe is, en
dierbaar vir Christus was.
Jesus en die dissipels was op weg na Getsemane, aan die voet
van die Olyfberg, ’n stil plekkie waarheen Hy dikwels gegaan het vir
gebed en oorpeinsing. Die Heiland het aan Sy dissipels Sy sending
na die wêreld verduidelik, en die geestelike verhouding wat daar
tussen Hom en hulle moet wees. Nou het Hy die les geïllustreer. Die
maan het helder geskyn en Hy het ’n vrugbare wingerdstok gesien.
Hy het die aandag van Sy dissipels daarop gevestig, en dit as simbool
gebruik.
[693]
“
Ek is die ware wynstok,” het Hy gesê. Pleks van die grasieuse
palm, die hoë seder, of die sterk eik, het Jesus die wynstok gekies
met sy ranke om Homself voor te stel. Die palmboom en seder
en eik staan alleen. Hulle het nie ondersteuning nodig nie. Maar
die wynstok het ’n traliewerk nodig waarteen dit opklim. So was
Christus in Sy mensheid afhanklik van goddelike krag. Hy het gesê,
“
Ek kan uit Myself niks doen nie.” Joh. 5: 30.