Page 623 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
619
En die trou van die Here is tot in ewigheid!
Halleluja!”
Psalm 117.
Na die lied het hulle uitgegaan. Deur die woelige strate het hulle
hulle weg gebaan, deur die stadspoort, in die rigting van die Olyfberg.
Hulle het stadig geloop, elkeen besig met sy eie gedagtes. Toe hulle
begin afdaal het na die berg, het Jesus in die grootste droefheid gesê,
Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is
geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal
verstrooi word.” Matt. 26: 31. Die dissipels het met droefheid en
ver- basing geluister. Hulle het onthou hoe daar in die sinagoge te
Kaper- naum, toe Christus van Homself gespreek het as die brood
van die lewe, vele aanstoot geneem het, en van Hom af weggegaan
het. Maar die twaalf het hulleself getrou bewys. Petrus wat namens
sy broeders gespreek het, het destyds sy trou aan Christus betuig.
Toe het die Heiland gese, “Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie?
En een van julle is ’n duiwel!” Joh. 6: 70. In die bovertrek het Jesus
gesê dat een van die twaalf Hom sou verraai, en dat Petrus Hom sou
verloën. Maar nou het Sy woorde hulle almal ingesluit.
Petrus het nou heftig geprotesteer, “Al sal almal ook aanstoot
neem, dan tog nie ek nie.” In die bovertrek het hy gesê dat hy gereed
was om saam met Jesus te sterf. Jesus het hom ge- waarsku dat hy
nog daardie nag sy Heiland sou verloën. Christus het nou weer die
waarskuwing herhaal: “Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie
nag, voordat die haan tweemaal kraai, sal jy My driemaal verloën.”
Maar Petrus “het nog baie meer aangehou en gesê: Al moet ek saam
[692]
met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! En net so het almal ook
gesê.” Markus 14: 29-31. In hulle selfvertroue het hulle die woorde
ontken van Hom wat geweet het. Hulle was nie voorberei op die
toets nie; wanneer die versoeking kom, sou hulle hulle eie swakheid
besef.
Toe Petrus verklaar het dat hy saam met sy Here in die gevange-
nis en die dood sou gaan, het hy dit baie opreg gemeen; maar hy het
homself nie geken nie. Diep in sy hart het elemente van boosheid
geskuil wat omstandighede sou laat uitkom. Tensy hy gewaarsku
word teen die gevaar, sou hierdie dinge sy ewige ondergang bewerk-