618
DIE KONING VAN DIE EEUE
saai van die evangeliesaad sal nie ’n sukses wees as daardie saad nie
lewendig gemaak word deur die dou van die hemel nie. Voordat een
boek van die Nuwe Testament geskryf is, voordat een evangeliepreek
gelewer is ná Christus se hemelvaart, het die Heilige Gees neergedaal
op die biddende apostels. Toe was die getuienis van hulle vyande,
“
Julle het Jerusalem met julle leer vervul.” Hand. 5: 28.
Christus het die Heilige Gees belowe aan Sy kerk, en die belofte
I is net soseer aan ons as aan die eerste dissipels. Maar net soos
enige ander belofte, is dit belowe op voorwaardes. Daar is vele wat
die Here se belofte glo en voorgee dat hulle daarop aanspraak maak;
hulle praat van Christus en van die Heilige Gees, maar ontvang niks.
Hulle gee nie die siel oor om gelei en beheer te word deur godde-
like kragte nie. Ons kan die Heilige Gees nie gebruik nie. Die Gees
moet ons gebruik. Deur die Gees werk God in Sy kinders “om te wil
sowel as om te werk na Sy welbehae.” Filip. 2: 13. Maar vele wil
hulle nie oorgee nie. Hulle wil hulleself bestuur. Dit is om hierdie
rede dat hulle nie die hemelse gawe ontvang nie. Alleen aan diegene
wat ootmoedig wag op die Here, wat wag op Sy leiding en genade,
word die Gees gegee. Die krag van God wag op hulle aansoek en
aanname. Hierdie beloofde seën, aangeneem in die geloof, bring alle
ander seëninge met hom saam. Dit word gegee volgens die maat van
die rykdom van die genade van Christus, en Hy is gereed om aan
elke siel te gee volgens die maat waarop hy kan ontvang.
[691]
In Sy gesprek met Sy dissipels, het Jesus nie droefgeestig verwys
na Sy eie lyde en dood nie. Sy laaste erfenis aan hulle was ’n erfdeel
van vrede. “Vrede laat Ek julle na, My vrede gee Ek julle; nie soos
die wêreld gee, gee Ek vir julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word
en bang wees nie.”
Voordat hulle die bovertrek verlaat het, het die Heiland en Sy
dissipels ’n loflied gesing. Sy stem is gehoor nie in ’n treurlied nie,
maar in die juigende Paaslied:
Loof die Here, alle nasies!
Prys Hom, alle volke!
Want Sy goedertierenheid is geweldig oor ons,