“
Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
617
werkende deur die Woord van God, dat Christus Sy uitverkorenes in
onderwerping tot Hom bring.
Waar Jesus die werk van die Heilige Gees aan Sy dissipels verdui-
delik het, wou Hy hulle inspireer met die vreugde en hoop wat Sy
eie siel geïnspireer het. Hy het Hom verbly in die genoegsame hulp
wat Hy vir Sy werk voorsien het. Die Heilige Gees was die hoogste
van al die gawes wat Hy van Sy Vader kon vra vir die verheffing van
Sy volk. Die Gees sou gegee word as ’n wederbarende krag, en daar-
sonder sou die offer van Christus niks gebaat het nie. Die mag van
die boosheid het deur die eeue sterker geword, en die onderwerping
van die mens as gevangenes van die Satan was verbasend. Die sonde
kon weerstaan of oorwin word alleen deur die magtige werking van
die Derde Persoon van die Godheid, wat nie met beperkte mag sou
kom nie, maar in die volheid van goddelike krag. Dit is die Gees
wat die werk van die wêreld se Verlosser doeltreffend maak. Dit is
deur die Gees dat die hart gereinig word. Deur die Gees word die
gelowige ’n deelgenoot van die goddelike natuur. Christus het Sy
Gees as ’n goddelike krag gegee om alle aangebore en aangeleerde
neigings tot die kwaad te oorwin, en om Sy eie karakter op Sy kerk
af te druk.
Van die Gees het Jesus gesê, “Hy sal My verheerlik.” Die Heiland
het gekom om die Vader te verheerlik deur die demonstrasie van
Sy liefde; so sou die Gees Christus verheerlik deur Sy genade aan
die wêreld te openbaar. Die beeid van God word herskep in die
mensheid. Die eer van God, die eer van Christus is op die spel by
die vervolmaking van die karakter van Sy kinders.
[690]
“
En as Hy [die Gees van die waarheid] kom, sal Hy die wêreld
oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel.” Die prediking
van die Woord sal niks baat sonder die gedurige teenwoordigheid
en hulp van die Heilige Gees nie. Hy is die enigste doeltreffende
leraar van goddelike waarheid. Alleen wanneer die waarheid tot
die hart gebring word deur die Gees, sal dit die gewete verkwik
en die lewe hervorm. ’n Mens mag in staat wees om die letter van
Gods Woord voor te dra; jy mag bekend wees met al die gebooie
en beloftes; maar tensy die Heilige Gees die waarheid tuisbring, sal
geen siele op die Rots val en verbreek word nie. Geen opvoeding,
geen voordele, hoe groot ook al, kan van ’n persoon ’n kanaal van
lig maak sonder die medewerking van die Gees van God nie. Die