616
DIE KONING VAN DIE EEUE
groot beproe- wing en teleurstelling ondervind. Sodat hulle woorde
na daardie ondervinding juis kon wees, het Jesus die Trooster belowe
wat hulle sou “herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”
Hy het voortgegaan, “Nog baie dinge het Ek om vir julle te
sê, maar julle kan dit nie nou dra nie. Maar wanneer Hy gekom
het, die Gees van die waarheid, Hy sal julle in die hele waarheid
lei; want Hy sal nie uit homself spreek nie, maar wat Hy hoor, sal
Hy spreek, en die toekomstige dinge aan julle verkondig. Hy sal
My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en
aan julle verkondig.” Jesus het voor Sy dissipels ’n groot veld van
waarheid geopen. Maar dit was baie moeilik vir hulle om Sy lesse
apart te hou van die tradisies en gesegdes van die skrifgeleerdes en
Fariseërs. Hulle is geleer om die leer van die rabbi’s aan te neem
as die stem van God, en dit het nog mag oor hulle gehad wat hulle
gedagtes beïnvloed het. Aardse idees, stoflike dinge, het nog ’n groot
plek in hulle gedagtes ingeneem. Hulle het nie die geestelike aard
van Christus se koninkryk verstaan nie, alhoewel Hy dit so dikwels
aan hulle verduidelik het. Hulle was verward. Hulle het nie die
waarde van die Skrifte besef wat Jesus aan hulle voorgestel het nie.
Baie van Sy lesse het skynbaar geen indruk gemaak op hulle nie.
Jesus het gesien dat hulle nie die ware betekenis van Sy woorde
begryp het nie. In barmhartigheid het Hy belowe dat die Heilige
Gees hulle sou herinner aan Sy woorde. En Hy het ge- swyg oor
baie dinge wat Sy dissipels nie sou kon verstaan nie. Ook dit sou die
Heilige Gees aan hulle openbaar. Die Gees sou hulle verstand verlig,
sodat hulle die hemelse dinge kon verstaan. “Wanneer Hy gekom
[689]
het, die Gees van die waarheid,” het Jesus gesê, sal Hy julle in die
hele waarheid lei.
Die Trooster is ook genoem “die Gees van die waarheid.” Sy
werk is om waarheid te definieer en te handhaaf. Eerste van alles
woon Hy in die hart as die Gees van die waarheid, en so word Hy
die Trooster. Daar is troos en vrede in die waarheid, maar daar is
geen ware vrede of troos in valsheid nie. Dit is deur valse teorieë
en tradisies dat die Satan mag kry oor die verstand. Deur die mense
te lei tot valse standaarde, vorm hy hulle karakters verkeerd. Die
Heilige Gees spreek tot die verstand deur die Skrifte en bring die
waarheid in die hart. Op hierdie wyse openbaar Hy die dwaalleer
en verdryf dit uit die siel. Dit is deur die Gees van die waarheid,