“
Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
615
“
Wïe My liefhet, hom sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê
en My aan hom openbaar.” Jesus het die toekoms van Sy dissipels
gelees. Hy het gesien hoedat een na die skavot gebring word, een
na die kruis, een verban op die eensame rotse van die see, en ander
vervolg en gedood. Hy het hulle bemoedig met die belofte dat Hy
in elke beproewing met hulle sou wees. Daardie belofte is vandag
eweseer van krag. Die Here weet alles omtrent Sy getroue dienaars
wat vir Sy ontwil in die gevangenisse is, of na eensame eilande ver-
ban is. Hy vertroos hulle met Sy eie teenwoordigheid. Wanneer die
gelowige vir die ontwil van die waarheid voor ongeregtige regbanke
moet verskyn, staan Christus aan hulle sy. Al die skande wat hy
verduur raak ook Christus. Christus word oor en oor veroordeel in
die persoon van Sy dissipel. Wanneer iemand in die tronk opgesluit
is, vertroos Christus daardie hart met Sy liefde. Wanneer iemand
om die lewe gebring word om Sy ontwil, dan sê Christus, “Ek was
dood en kyk, Ek leef tot in ewigheid. . . . Ek het die sleutels van
die doderyk en van die dood.” Openb. 1: 18. Die lewe wat vir My
ingeboet word, word bewaar vir die ewige heerlikheid.
Ten alle tye en op alle plekke, in alle droefhede en beproewings,
wanneer alles donker en die toekoms moeilik lyk, en ons hulpeloos
en alleen voel, sal die Trooster gestuur word in antwoord op die
gebed van geloof. Omstandighede mag ons skei van elke aardse
vriend; maar geen omstandigheid, geen afstand, kan ons skei van die
hemelse Trooster nie. Waar ons ook is, en waar ons mag heengaan,
is Hy altyd aan ons regterhand om ons te ondersteun, te onderhou,
te bewaar, en op te beur.
[688]
Die dissipels het nog nie Christus se woorde in hulle geestelike
sin verstaan nie, en weer het Hy verduidelik wat Hy bedoel het. Deur
die Gees, het Hy gesê, sou Hy Homself aan hulle openbaar. “Die
Trooster, die Heilige Gees wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy
sal julle alles leer.” Julle sal nie meer sê, Ek kan nie verstaan nie.
Julle sal nie langer soos deur ’n spieël in ’n raaisel sien nie. Julle
sal in staat “wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp
wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van
Christus te ken wat die kennis oortref.” Efe. 3: 18, 19.
Die dissipels moes getuig van die lewe en werk van Christus.
Deur hulle woord sou Hy tot alle mense op die hele aardbodem
spreek. Maar in die vernedering en dood van Christus sou hulle