Page 618 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

614
DIE KONING VAN DIE EEUE
raad op mense vertrou nie. Die Here sal ons ons pligte leer net so
gewilliglik as wat Hy ander sal leer. As ons in geloof tot Hom kom,
sal Hy Sy verborgenhede aan ons persoonlik meedeel. Dikwels sal
ons harte in ons binneste brand as Hy tot ons genaak om net met ons
gemeenskap te hou soos Hy met Henog gedoen het. Diegene wat
besluit om in geen opsig iets te doen wat God sal mishaag nie, sal
weet, nadat hulle hulle saak voor Hom gelê het, watter koers om in
te slaan. En hulle sal nie alleen wysheid ontvang nie, maar ook krag.
Krag vir gehoorsaamheid en diens sal aan hulle meegedeel word,
soos Christus belowe het. Wat aan Christus gegee is — daardie “alle
dinge” om te vöorsien in die behoeftes van gevalle mense — is
aan Hom gegee as die hoof en verteenwoordiger van die mensheid.
En “wat ons ook bid, ontvang ons van Hom, omdat ons Sy gebooie
bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.” 1 Joh. 3: 22.
Voordat Hy Homself gegee het as soenoffer, het Christus gesoek
na die nodigste en beste gawe om aan Sy navolgers te gee, ’n gawe
wat die eindelose bronne van genade binne hulle bereik sou bring.
Ek sal die Vader bid,” het Hy gesê, “en Hy sal julle ’n ander Trooster
gee om by julle te bly tot in ewigheid — die Gees van die waarheid
wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien nie en
Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in
julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer
na julle toe.” Joh. 14: 16-18.
Voor hierdie tyd was die Gees in die wêreld; van die begin van
die verlossingswerk af het Hy reeds in die harte van mense gewerk.
Maar terwyl Christus op die aarde was, het die dissipels nie ’n ander
[687]
helper begeer nie. Eers nadat Hy nie meer by hulle teenwoordig kon
wees nie, sou hulle hulle behoefte aan die Gees voel, en dan ook sou
Hy kom.
Die Heilige Gees is Christus se verteenwoordiger, maar son-
der die persoonlikheid van die mensheid en onafhanklik daarvan.
Belemmer deur die mensheid kon Christus nie orals persoonlik teen-
woordig wees nie. Dit was dus in hulle belang dat Hy na die Vader
sou gaan, en die Gees stuur om Sy plaasvervanger op die aarde te
wees. Die een persoon sou dan nie bokant die ander bevoordeel wees
weens sy woonplek of sy persoonlike kontak met Christus nie. Deur
die Gees sou die Heiland toeganklik wees vir almal. In hierdie sin
sou Hy nader aan hulle wees as Hy was voor Sy hemelvaart.