“
Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
613
dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As
julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen.”
Christus het Sy dissipels beveel om te bid “in My Naam.” In
Christus se Naam moet Sy navolgers voor God staan. Kragtens die
waarde van die offer wat vir hulle gegee is, is hulle van waarde in
die oë van die Here. Ten gevolge van die toegerekende geregtigheid
van Christus word hulle as kosbaar gereken. Om Christus ontwil
vergewe die Here diegene wat Hom vrees. Hy sien nie in hulle die
verwerp- likheid van die sondaar nie. Hy sien in hulle die beeid van
Sy Seun, in wie hulle glo.
Die Here is teleurgestel wanneer Sy kinders hulleself gering
skat. Hy wil hê dat Sy uitverkore erfdeel hulleself moet waardeer
volgens die prys wat Hy op hulle geplaas het. God wou hulle hê,
anders sou Hy nie Sy Seun op so n duur sending gestuur het om hulle
te verlos nie. Hulle is nie vir Hom waardeloos nie, en dit behaag
Hom wanneer hulle baie van Hom vra, sodat hulle Sy Naam kan
verheerlik. Hulle mag groot dinge verwag as hulle geloof het in Sy
beloftes.
Maar om in Christus se Naam te bid, beteken baie. Dit beteken
dat ons Sy karakter sal aanneem, Sy Gees sal openbaar, en Sy werke
sal doen. Die Heiland se belofte is op een voorwaarde gegee. “As
julle My liefhet,” het Hy gesê, “bewaar My gebooie.” Hy red mense,
nie in hulle sondes nie, maar van die sonde; en diegene wat Hom
liefhet, sal hulle liefde toon deur gehoorsaamheid.
Alle ware gehoorsaamheid kom uit die hart. Christus se werk het
uit Sy hart gekom. As ons Hom wil toelaat, sal Hy Hom vereenselwig
[686]
met ons gedagtes en oogmerke, en Hy sal ons harte en gedagtes so
in ooreenstemming bring met Sy wil, dat ons, wanneer ons Hom
gehoor- saam, ons eie planne sal uitvoer. Die wil, verfyn en geheilig,
sal sy grootste vreugde vind in Sy diens. Wanneer ons God ken soos
dit ons voorreg is om Hom te ken, sal ons lewe ’n lewe van gedurige
gehoorsaamheid wees. Deur die waardering van die karakter van
Christus, deur gemeenskap met God, sal die sonde vir ons haatlik
wees.
Net soos Christus die wet in Sy mensheid uitgeleef het, so kan
ons dit ook doen as ons die Almagtige sou vra om krag. Maar ons
moenie die verantwoordelikheid van ons pligte op ander lê nie, en
op hulle wag om ons te sê wat om te doen nie. Ons kan nie vir