Page 616 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

612
DIE KONING VAN DIE EEUE
van n meer verhewe aard sou wees as syne nie, maar dat dit van
groter omvang sou wees. Hy het nie slegs die doen van wonderwerke
bedoel nie, maar alles wat sou plaasvind onder die leiding van die
Heilige Gees.
Ná die Here se hemelvaart, het die dissipels die vervulling van
Sy belofte ondervind. Die tonele van die kruisiging, die opstanding,
en die hemelvaart van Christus was ’n lewende werklikheid vir hulle.
Hulle het gesien dat die profesieë letterlik vervul is. Hulle het die
Skrifte ondersoek en die leer daarvan aangeneem met ’n geloof
en versekering nie voorheen geken nie. Hulle het geweet dat die
goddelike Leraar alles was wat Hy gesê het dat Hy is. Waar hulle
hulle ervarings vertel, en die liefde van God verhef het, is die harte
van mense versag, en menigtes het in Jesus geglo.
Die Heiland se belofte aan Sy dissipels is ’n belofte aan Sy kerk
tot die einde van tyd. Dit was nie Gods oogmerk dat Sy wonderbare
plan om mense te verlos maar net geringe resultate sou hê nie. Almal
wat sal werk, vertrouende nie op wat hulle kan doen nie, maar op wat
God vir hulle en deur hulle kan doen, sal sekerlik die vervulling van
Sy belofte sien. “Hy sal groter werke doen as dit,” het Hy verklaar,
omdat Ek na My Vader gaan.”
En tog was die dissipels onbekend met die Heiland se onuitput-
like bronne van krag. Hy het aan hulle gesê, “Tot nou toe het julle
niks in My Naam gevra nie.” Joh. 16: 24. Hy het verduidelik dat
die geheim van sukses sou wees om krag en genade in Sy Naam
te vra. Hy sou teenwoordig wees voor die Vader om namens hulle
[685]
te vra Die bede van die nederigste bidder sou Hy voorstel as Sy
eie ten behoewe van daardie siel. Elke opregte gebed word in die
hemel verhoor. Dit mag miskien me vlot uitgedruk wees nie, maar
as die hart daarin is, sal dit opstyg na die heiligdom waar Jesus dien,
en Hy sal dit aan die Vader voorstel sonder ’n enkele stamelende
woord, aangenaam in die soete geur van die wierook van Sy eie
volmaaktheid.
Die pad van opregtheid en eerlikheid is nie een wat vry is van
moeilikhede nie, maar in elke moeilikheid moet ’n oproep tot gebed
gesien word. Daar is niemand wat leef wat enige krag het wat hy nie
van God ontvang het nie, en die bron waar dit vandaan kom is oop
vir die swakste mensekind. “Wat julle ook al in My Naam mag vra,