Page 615 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
611
was die voorreg van die dissipels om hierdie voorstelling vir meer
as drie jaar te aanskou.
Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders,
glo My terwille van die werke self.” Hulle kon hulle geloof veilig
gevestig het op die bewys van Christus se werke, werke wat geen
mens op sigself ooit gedoen het of kon doen nie. Christus se werk
het getuig van Sy Godheid. Deur Hom is die Vader geopenbaar.
As die dissipels hierdie lewensband tussen die Vader en die Seun
geglo het, sou hulle geloof nie faal wanneer hulle Christus se lyde en
dood sien om ’n verloregaande wêreld te red nie. Christus wou hulle
uit die toestand van swak geloof lei tot die sterk geloof wat hulle sou
hê as hulle ten volle sou besef wat Hy was — God in die menslike
vlees. Hy wou hê dat hulle moes sien dat hulle geloof hulle tot God
moes lei en in Hom geanker moes wees. Hoe ywerig en volhardend
het ons ontfermende Heiland getrag om Sy dissipels voor te berei
vir die storm van versoeking wat hulle eerlank sou teister! Hy wou
hulle met Hom verberg in God.
Terwyl Christus hierdie woorde gespreek het, het die heerlikheid
van God in Sy aangesig gestraal, en almal teenwoordig is vervul
met ’n heilige ontsag waar hulle aandagtig na Sy woorde geluister
het. Hulle het sterker tot Hom aangetrokke gevoel; en namate hulle
met sterker liefde tot Christus getrek is, is hulle nader aan mekaar
gebring. Hulle het gevoel dat die hemel baie naby was, en dat die
[684]
woorde waarna hulle geluister het ’n boodskap van hulle hemelse
Vader was.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,” het Christus voortgegaan,
wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal Hy ook doen.” Die
Heiland wou baie graag hê dat Sy dissipels moes verstaan vir watter
doel Sy Godheid met die mensheid verbind was. Hy het na die
wêreld gekom om die heerlikheid van God te openbaar, sodat die
mens op- gehef kon word deur die herstellende krag daarvan. God is
in Hom geopenbaar sodat Hy in hulle geopenbaar kon word. Jesus
het geen eienskappe geopenbaar, geen kragte beoefen, wat die mens
ook nie deur geloof in Hom kan hê nie. Sy volmaakte mensheid is
iets wat al Sy navolgers kan hê as hulle aan God onderworpe is soos
Hy was.
En hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na My Vader
gaan.” Hiermee het Christus nie bedoel dat die dissipels se werk