Page 614 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

610
DIE KONING VAN DIE EEUE
is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.” Vir julle
ontwil het Ek in die wêreld gekom. Ek werk ten behoewe van julle.
Wanneer Ek weggaan, sal Ek nog ywerig vir julle werk. Ek het in
die wêreld gekom om Myself aan julle te openbaar sodat julle kan
glo. Ek gaan na die Vader om saam met Hom te werk ten behoewe
van julle. Die doel van Christus se weggaan was die teenoorgestelde
van wat hulle gevrees het. Dit het nie finale skeiding beteken nie. Hy
sou weggaan om vir hulle plek te berei, sodat Hy weer kon kom om
hulle na Hom toe te neem. Terwyl Hy vir hulle die wonings berei,
moet hulle karakters vorm volgens die goddelike voorbeeld.
Nog het die dissipels nie verstaan nie. Thomas wat maar altyd
getwyfel het, het gesê, “Here, ons weet nie waar U gaan nie, en
hoe kan ons die weg ken? Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die
waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My
nie. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het, en
van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.”
Daar is nie baie paaie na die hemel nie. Elkeen kan nie sy eie
weg kies nie. Christus het gesê, “Ek is die weg . . . ; niemand kom na
die Vader behalwe deur My nie.” Vandat die eerste evangeliepreek
gelewer is, toe daar in Eden gesê is dat die saad van die vrou die
kop van die slang sou verbrysel, is Christus verhef as die weg, die
waarheid, en die lewe. Hy was die weg toe Adam gelewe het, toe
Abel die bloed van die geslagte lam, wat ’n voorstelling was van die
bloed van die Verlosser, tot God gebring het. Christus is die weg
[683]
waardeur die patriarge en profete verlos is. En Hy is die enigste weg
waardeur ons tot God kan gaan.
As julle My geken het,” het Christus gesê, “sou julle My Vader
ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.”
Maar nog het die dissipels nie verstaan nie. “Here, toon ons die
Vader,” het Filippus gesê, “en dit is vir ons genoeg.”
Verbaas oor hulle stompsinnigheid, het Christus gesê, “Ek is al so
lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus?” Is dit moontlik
dat jy nie die Vader sien in die werke wat Hy deur My doen nie? Glo
jy nie dat Ek gekom het om van die Vader te getuig nie? “Hoe sê jy:
Toon ons die Vader?” “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.”
Christus het nie opgehou om God te wees toe Hy mens geword het
nie. Alhoewel Hy Hom verneder het om mens te word, was Hy nog
God. Christus alleen kon die Vader aan die mensdom voorstel, en dit