Page 613 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Laat Julle Hart nie Ontsteld Word nie”
TERWYL Hy Sy dissipels met goddelike liefde en tere medelyde
gadegeslaan het, het Christus gesê, “Nou is die Seun van die mens
verheerlik, en God is in Hom verheerlik.” Judas het die bovertrek
verlaat, en Christus was alleen met die elf. Hy wou praat van Sy
aanstaande skeiding van hulle; maar voordat Hy dit gedoen het, het
Hy verwys na die groot doel van Sy sending. Dit was hieraan wat
Hy altyd gedink het. Dit was Sy vreugde dat al Sy vernedering en
lyding die Vader se Naam sou verheerlik. Dit was hierop dat Hy
eerste van alles die gedagtes van Sy dissipels gevestig het.
Toe het Hy hulle liefderyk aangespreek, “My kinders, nog ’n
klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir die Jode
gesê het: Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie — so sê Ek nou
ook vir julle.”
Die dissipels was nie bly toe hulle dit hoor nie. Hulle het bang
geword. Hulle het nader aan die Heiland gekom. Hulle Meester en
Here, hulle geliefde Leraar en Vriend, Hy was vir hulle dierbaarder
as die lewe self. Na Hom het hulle opgesien om hulp in al hulle
[681]
moeilikhede, vir troos in al hulle droefheid en teleurstelling. Nou
[682]
sou Hy hulle verlaat, ’n eensame, afhanklike groep. Vrees het hulle
harte vervul.
Maar die Heiland se woorde aan hulle was vol hoop. Hy het
geweet dat hulle deur die vyand aangeval sou word, en dat die Satan
se lis die suksesvolste is teen diegene wat deur moeilikhede terneer-
gedruk is. Daarom wou Hy hulle aandag aftrek van die “sigbare
dinge,” en vestig op die “onsigbare” dinge. 2 Kor. 4: 18. Van hulle
aardse ballingskap het Hy hulle gedagtes gevestig op die hemelse
tuiste.
Laat julle hart nie ontsteld word nie,” het Hy gesê; “glo in God,
glo ook in My. In die huis van My Vader is daar baie wonings; as
dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle
plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek
weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek
609