608
DIE KONING VAN DIE EEUE
met die Vader. In ’n spesiale sin is dit die band tussen afhanklike
menslike wesens en God.
Waar ons die brood en wyn, die simbole van Christus se ge- broke
liggaam en vergote bloed, aanneem, neem ons in die verbeelding
deel aan daardie Avondmaal in die bovertrek. Dit skyn asof ons
gaan deur die tuin wat geheilig is deur die lyde van Hom wat die
sondes van die wêreld gedra het. Ons sien die stryd waardeur ons
versoening met God verkry is. Christus word geskilder as onder ons
gekruisig.
Sienende op die gekruisigde Verlosser, kry ons ’n vollediger
begrip van die grootheid en betekenis van die soenoffer vir ons gegee
deur die Majesteit van die hemel. Die verlossingsplan word vir ons
verheerlik, en die gedagte aan Golgota maak lewende en heilige
emosies wakker in ons harte. In ons harte en op ons lippe sal daar
lof aan God en die Lam wees; want hoogmoed en selfaanbidding
kan nie bestaan in die siel wat die tonele van Golgota vars in die
geheue het nie.
Hy wat die Heiland se weergalose liefde sien, se gedagtes sal
verhewe, sy hart gereinig, en sy karakter verander word. Hy sal uit-
gaan om n lig vir die wêreld te wees, en om in ’n mate daardie
misterieuse liefde te weerkaats. Hoe meer ons peins oor die kruis
van Christus, hoe meer sal ons praat soos die apostel toe hy gesê
het, “Mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here
Jesus Christus deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die
wêreld.” Gal.6: 14.
[680]