“
Tot My Gedagtenis”
607
Die instellings wat verwys na onse Here se vernedering en dood
word te dikwels as ’n vorm beskou. Hulle is met ’n doel ingestel. Ons
sinne moet verkwik word om die verborgenheid van die godsalig-
heid te verstaan. Dit is die voorreg van almal om baie beter as wat
hulle wel doen, die soendood van Christus te verstaan. “Soos Moses
die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens
verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan
nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh. 3: 14, 15. Ons moet kyk na
die kruis van Golgota met die sterwende Heiland daaraan. Dit is in
ons ewige belang dat ons geloof in Christus moet openbaar.
Onse Here het gesê, “As julle nie die vlees van die Seun van die
mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
. . .
Want My vlees is waarlik spys, en My bloed is waarlik
drank.” Joh. 6: 53-55. Dit is waar van ons fïsiese natuur. Selfs ons
aardse lewe is ons aan die dood van Christus verskuldig. Die brood
wat ons eet, is deur Sy gebroke liggaam gekoop. Die water wat
ons drink, is deur Sy vergote bloed gekoop. Niemand nie, of hy ’n
heilige of sondaar is, eet sy daelikse voedsel of hy word gevoed deur
die liggaam en bloed van Christus. Elke brood dra die stempel van
die kruis van Golgota. In elke fontein word dit weerkaats. Dit alles
het Christus geleer met die instelling van die simbole van Sy groot
offerande. Die lig wat skyn van daardie Avondmaal in die bovertrek,
heilig die voedsel van ons daelikse lewe. Die familietafel word soos
die tafel van die Here, en elke maaltyd word ’n sakrament.
[679]
En hoeveel te meer geld Christus se woorde vir ons geestelike
natuur. Hy het gesê, “Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het
die ewige lewe.” Dit is deur die lewe aan te neem wat vir ons uit-
gegiet is aan die kruis van Golgota, dat ons ’n heilige lewe kan lei.
Hierdie lewe ontvang ons deur Sy Woord aan te neem, en die dinge
te doen wat Hy beveel het. Op hierdie wyse word ons een met Hom.
“
Wie My vlees eet en My bloed drink,” het Hy gesê, “bly in My,
en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur
die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.” Joh. 6:
54, 56, 57.
Hierdie skriftuur is in ’n spesiale sin van toepassing op
die heilige Avondmaal. Namate geloof die groot offerande van die
Here oor- peins, assimileer die siel die geestelike lewe van Christus.
Daardie siel sal geestelike krag ontvang by elke Avondmaal. Dit is
’
n lewende skakel wat die gelowige verbind met Christus en dus ook