606
DIE KONING VAN DIE EEUE
oop- maak vir die helder strale van die Son van Geregtigheid. Met
harte gereimg deur Christus se kosbare bloed, en ten volle bewus
van Sy teenwoordigheid, alhoewel onsigbaar, moet hulle Sy woorde
hoor. “Vrede laat Ek julle na, My vrede gee Ek julle; nie soos die
wêreld gee, gee Ek vir julle nie.” Joh. 14: 27.
Onder die oortuiging van sonde sê onse Here aan ons, Onthou
Ek het vir julle gesterf. Wanneer julle verdruk en vervolg en beproef
word om My ontwil en die van die evangelie, onthou My liefde vir
julle, wat so groot was dat Ek My lewe vir julle gegee het. Wanneer
julle pligte moeilik en swaar lyk, en wanneer julle laste swaar is om
te dra, onthou dat Ek om julle ontwil aan die kruis gely en die skande
verdra het. Wanneer julle harte terugdeins vir die swaar beproewing,
onthou dat julle Verlosser leef om vir julle in te tree.
Die Avondmaal verwys na Christus se tweede koms. Dit was
inge- stel met die doel om hierdie hoop gedurig lewendig te hou in
die harte van die dissipels. Waar hulle bymekaargekom het om Sy
dood te gedenk, het hulle die woorde herhaal, “Toe neem Hy die
beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink
almal daaruit. Want dit is My bloed, die bloed van die nuwe testament
wat vir baie uitge- stort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir
julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok
drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink
in die koninkryk van My Vader. In hulle verdrukking het hulle troos
gevind in die hoop van hulle Here se wederkoms. Onuitspreeklik
[678]
kosbaar was die gedagte vir hulle, “So dikwels as julle hierdie brood
eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here
totdat Hy kom.” 1 Kor. 11: 26.
Dit is die dinge wat ons nooit moet vergeet nie. Die liefde van
Jesus, en die drang daarvan, moet ons gedurig in gedagte hou. Chris-
tus het hierdie diens ingestel sodat dit tot ons sinne kan spreek van
die liefde van God vir ons. Daar kan sonder Christus geen verbin-
tenis van ons siele met God wees nie. Die band van liefde tussen
broeder en broeder moet bestendig en verewig word deur die liefde
van Jesus. En niks minder as die dood van Christus kon Sy liefde
vir ons doeltreffend maak nie. Dit is alleen omdat Hy gesterf het dat
ons met vreugde kan uitsien na Sy wederkoms. Sy soendood is die
middelpunt van ons hoop. Daarop moet ons ons geloof vestig.