Page 609 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tot My Gedagtenis”
605
wat daar was toe Jesus die voete van die dissipels gewas het en die
van Judas. Meer as menslike oë aanskou die toneel.
Christus is daar deur die Heilige Gees om Sy seël te druk op Sy
eie instelling. Hy is daar om die hart te oortuig en te versag. Nie een
blik, nie een gedagte van boetvaardigheid ontwyk Sy oog nie. Hy
wag vir die boetvaardige, gebroke hart. Alle dinge is gereed vir die
ontvangs van daardie siel. Hy wat die voete van Judas gewas het,
verlang om elke hart te was van die vlekke van die sonde.
Niemand moet van die Avondmaal wegbly nie omdat daar som-
mige teenwoordig is wat onwaardig is nie. Van elke dissipel word
verwag om in die openbaar deel te neem, en daardeur te getuig dat
hy Christus aanneem as sy persoonlike Saligmaker. Dit is by hierdie,
Sy eie instelling, dat Christus Sy kinders ontmoet, en hulle verkwik
deur Sy teenwoordigheid. Harte en hande wat onwaardig is, mag
selfs die Avondmaal bedien, maar nogtans is Christus daar om Sy
kinders te dien. Almal wat kom met hulle geloof op Hom gevestig,
sal ryklik geseen word. Almal wat hierdie tye van goddelike voorreg
verwaarloos, sal verlies ly. Van hulle kan tereg gesê word, “Julle is
nie almal rein nie.” Toe Christus die brood en die wyn saam met
Sy dissipels geniet het, het Hy Homself gegee as hulle Verlosser.
Hy het aan hulle die nuwe verbond gegee, waardeur almal wat Hom
aanneem, kinders van God word en mede-erfgename met Christus.
Deur hierdie verbond het elke seën wat die hemel kan gee in hierdie
lewe en in die hiernamaals hulle s’n geword. Hierdie verbond is
[677]
bekragtig deur die bloed van Christus. En die bediening van die
Sakrament sou die ewige soenoffer voor die dissipels hou, gegee
vir elkeen persoonlik as deel van die groot geheel van die gevalle
mensdom.
Die Avondmaal moet nie ’n treurdiens wees nie. Dit is nie die doel
daarvan nie. Waar die Here se dissipels rondom Sy tafel vergader,
moet hulle nie aan hulle tekortkomings dink en daaroor treur nie.
Hulle moet nie dink aan hulle geestelike lewe van die verlede, of dit
verheffend of terneerdrukkend is nie. Hulle moet nie die verskille
tussen hulle en hulle broeders uitgrawe nie. Dit moet alles by die
voorbereidingsdiens geskied. Die selfondersoek, die belydenis van
sonde, die versoening met mekaar, dit het alles reeds geskied. Nou
kom hulle om Christus te ontmoet. Hulle moenie in die skaduwee
van die kruis staan nie, maar in sy reddende lig. Hulle moet die siel