604
DIE KONING VAN DIE EEUE
gesê het, “Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen
My opgelig.” Joh. 13: 11, 18. Maar later, toe Sy bedoeling duidelik
geword het, het hulle iets gehad om oor te peins aangaande die
lankmoedigheid van God teenoor snode sondaars.
Hoewel Jesus Judas van die begin af geken het, het Hy nogtans
sy voete gewas. En die verraaier is toegelaat om saam met Christus
deel te neem aan die Sakrament. ’n Lankmoedige Heiland het alles
gedoen om die sondaar te beweeg om Hom aan te neem, hom te
bekeer en gereinig te word van die besoedeling van die sonde. Daar-
die voorbeeld is vir ons. Wanneer ons meen dat iemand verkeerd
handel en sondig, moet ons ons nie van hom afskei nie. Ons moet
hom nie deur onverskillige afskeiding verlaat om ’n prooi van die
versoeking te word, of hom na die gevegsterrein van die Satan dryf
nie. Dit is nie Christus se metode nie. Dit was omdat die dissipels
feilbaar en vol foute was dat Hy hulle voete gewas het, en almal van
hulle, behalwe een, is daardeur tot bekering gebring.
Christus se voorbeeld belet uitsluiting by die Avondmaal. Dit is
waar dat openlike sonde die skuldiges uitsluit. Dit leer die Heilige
Gees duidelik. 1 Kor. 5: 11. Maar verder as dit moet niemand ’n
oordeel vel nie. God het dit nie aan mense oorgelaat om te sê wie by
sulke geleenthede mag aansit nie. Want wie kan die hart lees? Wie
kan die onkruid van die koring onderskei ? “Die mens moet homself
beproef en so van die brood eet en uit die beker drink.” Want “wie
dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die
[676]
Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die
Here.” “Wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink n oordeel
oor homself terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.”
1
Kor.11: 28, 27, 29.
Wanneer gelowiges bymekaarkom om die Avondmaal te vier, is
daar boodskappers teenwoordig wat onsigbaar is vir menslike oë.
Daar I mag ’n Judas onder die groep wees, en in daardie geval sal
daar ook boodskappers van die vors van die duisternis wees, want
hulle vergesel almal wat weier om beheers te word deur die Heilige
Gees. Hemelse engele is ook teenwoordig. Hierdie onsigbare be-
soekers is I by al hierdie geleenthede teenwoordig. In die geselskap
mag daar persone wees wat nie inderwaarheid dienaars is van die
waarheid en heiligheid nie, maar wat graag wil deelneem aan die
diens. Hulle moet nie belet word nie. Daar is getuies teenwoordig