“
Tot My Gedagtenis”
603
die verraaier toe hy sy rug op Christus gekeer en in die buitenste
duisternis uitgegaan het.
Voordat hy hierdie stap gedoen het, was dit nog moontlik vir
Judas om hom te bekeer. Maar toe hy die teenwoordigheid van sy
Here en van sy mede-dissipels verlaat het, het hy die finale stap
gedoen. Hy was oor die grens.
Die lankmoedigheid van Jesus teenoor hierdie versoekte siel
was wonderbaarlik. Niks wat gedoen kon word om Judas te red,
is nagelaat nie. Nadat hy tweemaal onderneem het om sy Here te
verraai, het Jesus hom nog kans gegee om hom te bekeer. Deur die
geheime van die verraaier se hart te lees, het Christus aan Judas
die finale, oortuigende bewys gegee van Sy Godheid. Vir die vals
dissipel was dit die laaste oproep tot bekering. Geen oproep wat
daardie god-menslike hart van Christus kon maak, is agterweë ge-
hou nie. Die golwe van genade, teruggeslinger deur hardnekkige
hoogmoed, het teruggekom in ’n sterker vloedgolf van versagtende
liefde. Maar 1 alhoewel Judas verras en ontstel was oor die ontdek-
king van sy planne, het dit hom net meer vasberade gemaak. Van
die Avondmaalstafel het hy opgestaan om sy werk van verraad te
beklink.
Toe Christus die wee oor Judas uitgespreek het, het Hy dit ge-
doen ook in genade teenoor Sy dissipels. Daardeur het Hy hulle
die kronende bewys gegee van Sy Messiasskap. Ek sê dit vir julle
“
voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat dit
EK IS.” As Jesus stilgebly het, in skynbare onkunde van wat met
Hom sou gebeur, kon die dissipels moontlik gedink het dat hulle
[675]
Meester geen goddelike voorkennis gehad het nie, en dat Hy verras
en verraai is in die hande van die moorddadige gepeupel. ’n Jaar
tevore het Jesus aan Sy dissipels gesê dat Hy twaalf gekies het en
dat een van hulle ’n duiwel is. Nou sou Sy woorde aan Judas, wat
geopenbaar het dat sy verraad volkome bekend was aan sy Meester,
die geloof van Christus se ware volgelinge tydens Sy vernedering
versterk. En wanneer hy aan sy treurige einde kom, sou hulle dink
aan die wee wat Jesus oor die verraaier uitgespreek het.
En die Heiland het nog ’n doel gehad. Hy het nie geweier om
die een te bedien wat Hy geweet het wat Hom sou verraai nie. Die
dissipels het nie Sy woorde verstaan toe Hy tydens die voetewassing
gesê het, “Julie is nie almal rein nie,” en ook nie toe Hy aan tafel