602
DIE KONING VAN DIE EEUE
kan vervul word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen
teen My opgelig.”
Selfs nou nog het die dissipels nie vir Judas verdink nie. Maar
hulle het gesien dat Christus skynbaar baie ontstel was. Daar het
n wolk oor almal gehang, ’n voorgevoel van ’n vreeslike onheil,
die aard waarvan hulle nie verstaan het nie. Terwyl hulle in stilte
geëet het, het Jesus gesê, “Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal
My verraai.” Hierdie woorde het verbasing en ontsteltenis by hulle
laat ontstaan. Hulle kon nie verstaan hoedat enigeen van hulle so
verraderlik teen hulle goddelike Meester kon optree nie. Om watter
rede sou hulle Hom verraai? En aan wie? Wie se hart kon sulke
bose planne koester? Sekerlik nie een van die begunstigde twaalf
nie — hulle wat bo alle ander bevoorreg was om Sy leer te hoor, wat
gedeel het in Sy wonderbare liefde, en vir wie Hy sulke groot agting
getoon het deur hulle so dig aan Hom te bring!
Namate hulle die betekenis van Sy woorde begryp, en hulle
onthou het hoe waar Sy woorde altyd was, het vrees en wantroue
hulle oor- weldig. Hulle het hulle eie harte begin ondersoek om te
sien of selfs een gedagte teen hulle Meester miskien daar geskuil
het. Met pynlike aandoening het die een na die ander gevra, “Is dit
miskien ek, Here?” Maar Judas was stil. Baie ontstel het Johannes
eindelik reguit gevra, “Here, wie is dit?” En Jesus het geantwoord,
“
Hy wat saam met My sy hand in die skottel steek, hy sal My verraai.
Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe
is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai
[673]
[674]
word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore
was nie.” Die dissipels het mekaar se aangesigte goed dopgehou
toe hulle gevra het, “Is dit ek, Here?” En nou het die stilswye van
Judas almal se oë op hom ge- vestig. In die verwarring van die baie
vrae en die uitroepe van ver- basing, het Judas nie Jesus se woorde
gehoor in antwoord op die vraag van Johannes nie. En nou, om die
blik van die dissipels te ontwyk, het hy ook gevra soos hulle, “Is dit
ek, Here?” Plegtig het Jesus geantwoord, “Jy het dit gesê.”
In die verrassing en verwarring toe sy planne aan die kaak gestel
is, het Judas vinnig opgestaan om die kamer te verlaat. “En Jesus sê
vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.”. . . Toe hy dan die stukkie
geneem het, gaan hy dadelik uit. En dit was nag. Dit was nag vir