Page 605 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tot My Gedagtenis”
601
Maar toestande was anders in Christus se tyd. Hulle sou nie nou
uit ’n vreemde land uitgedryf word nie; hulle het in hulle eie land
gewoon. In ooreenstemming met die rus wat aan hulle gegee is, het
hulle die Pasga leunende geëet. Rusbanke is om die tafel geplaas
waarop die gaste op hulle linker hand geleun en met die regter hand
geëet het. In so ’n posisie kon ’n gas sy hoof op die bors lê van die
een wat bokant hom gesit het. En die voete wat van die rusbank
afge- hang het, kon gewas word deur iemand wat aan die buitekant
van die kring gestaan het.
Christus was nog by die tafel waarop die Pasga bedien is. Die
on- gesuurde koeke wat by die Pasga gebruik is, het voor Hom gelê.
Die Pasga-wyn, wat ongegis was, was ook op die tafel. Christus het
hierdie simbole gebruik om Sy eie vlekkelose offer voor te stel. Niks
wat deur gisting bederf is — die simbool van die sonde en die dood
kon die “Lam sonder gebrek en vlekkeloos” 1 Pet. 1: 19 voorstel
nie.
En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank
het, breek Hy dit en gee dit aan Sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is
My liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee
Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is My bloed,
die bloed van die nuwe testament wat vir baie uitgestort word tot
vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit
meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag
wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My
Vader.”
[672]
Judas, die verraaier, was teenwoordig by die bediening van hier-
die Sakrament. Hy het van Jesus die simbole geneem van Sy gebroke
liggaam en vergote bloed. Hy het die woorde gehoor, “Doen dit . . .
tot My gedagtenis.” Waar hy daar gesit het in die teenwoordigheid
van die Lam van God, was die verraaier besig met sy eie bose planne,
en met sy wraaklustige gedagtes.
By die wassing van die voete het Christus oortuigende bewys
gegee dat Hy die karakter van Judas verstaan het. “Julie is nie almal
rein nie” Joh. 13: 11, het Hy gesê. Hierdie woorde het die valse
dissipel oortuig dat Christus die geheime van sy hart gelees het. Nou
het Christus dit baie duideliker gestel. Terwyl hulle aan tafel gesit
het, het Hy, kykende na die dissipels, gesê, “Ek spreek nie van julle
almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif