Page 604 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Tot My Gedagtenis”
DAT die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood
geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê:
Neem, eet; dit is My liggaam wat vir julle gebreek word; doen
dit tot My gedagtenis. Net so ook die beker na die ete, met die
woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in My bloed; doen dit,
so dikwels as julle daaruit drink, tot My gedagtenis. Want so dikwels
as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die
dood van die Here totdat Hy kom.” 1 Kor. 11: 23-26.
Christus het gestaan by die oorgangspunt van twee bedelings
en hulle twee groot feesdae. Hy, die vlekkelose Lam van God, sou
Homself oorgee as die sondoffer, en so sou Hy die stelsel van tipes
en seremonies wat vir vierduisend jaar vooruitgewys het na Sy dood,
tot ’n einde bring. Terwyl Hy die Pasga saam met Sy dissipels
geëet het, het Hy in die plek daarvan die diens ingestel wat die
gedenkteken sou wees van Sy groot offer. Die nasionale fees van
die Jode sou vir ewig verbygaan. Die diens wat Christus ingestel
het, moes deur Sy navolgers gehou word in alle lande en in alle
eeue. Die Paasfees is ingestel as gedenkfees van die verlossing van
[671]
Israel uit die Egiptiese slawerny. God het verorden dat hulle jaar
na jaar, wanneer die kinders die betekenis vra van die instelling,
die geskie- denis aan hulle moes verfel. So sou die wonderbare
verlossing deur almal in gedagtenis gehou word. Die instelling van
die Avondmaal is gegee ter gedagtenis aan die groot verlossing wat
bewerk is deur die dood van Christus. Totdat Hy vir die tweede maal
kom in krag en heerlikheid moet hierdie instelling gehou word. Dit
is die middel waardeur Sy groot werk vir ons gedurig in gedagte
gehou moet word.
Tydens hulle verlossing uit Egipte het die kinders van Israel die
Pasga staande geëet, met hulle lende omgord, staf in die hand, gereed
vir die uittog. Die manier waarop hulle die fees gevier het, was in
ooreenstemming met hulle toestand; want hulle sou uit die land van
Egipte gewerp word, en ’n moeilike reis deur die woestyn moes afle.
600