Page 603 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Kneg van Knegte
599
God dit sien. Ons gedagtes is nie gedagtes van selftevredenheid nie,
maar van harde self- bestraffing, en van vernedering. Die gemoed
word verkwik om alle versperrings wat verwydering veroorsaak, af
te breek. Bose gedagtes en kwaadsprekery word gestaak. Sondes
word bely en vergewe. Die vrede van Christus se genade kom in die
siel, en die liefde van Christus verbind harte in salige eenheid.
Waar die les van hierdie voorbereidingsdiens so geleer word,
ont-staan daar ’n begeerte vir ’n hoër geestelike lewe. Die goddelike
Getuie sal gehoor gee aan hierdie begeerte. Die siel sal verhef word.
Ons neem deel aan die Avondmaal met die versekering dat ons
sondes vergewe is. Die sonskyn van Christus se geregtigheid sal
die kamers van die tempel van die siel vervul. Ons sien die “Lam
van God wat die sonde van die wéreld wegneem.” Joh. 1: 29. Vir
[669]
diegene wat die gees van hierdie diens ontvang, sal dit nooit n blote
seremonie wees nie. Die gedurige les sal wees, “Dien mekaar deur
die liefde.” Gal. 5: 13. Deur die voete van die dissipels te was, het
Christus die bewys gegee dat Hy enige diens sal doen, hoe nederig
ook, wat hulle erfgename sal maak saam met Hom van die ewige ryk-
dom van die hemelse skatte. Waar Sy dissipels dieselfde seremonie
nakom, beloof hulle om hulle broeders op dieselfde wyse te dien.
Waar hierdie instelling reg gevier word, word die kinders van God in
n heilige verwantskap gebring om mekaar te help en te seën. Hulle
belowe dat hulle hulle lewens sal gee in onselfsugtige diens. En dit
nie net vir mekaar nie. Hulle arbeidsveld is net so wyd as die van
die Meester. Die wêreld is vol van diegene wat ons diens nodig het.
Die armes, hulpbehoewendes en die onkundiges is orals. Diegene
wat in die bovertrek met Christus gemeenskap gehad het, sal uitgaan
om te dien soos Hy gedien het.
Jesus, wat deur almal gedien word, het gekom om die dienskneg
van almal te wees. En omdat Hy almal gedien het, sal Hy weer deur
almal gedien en geëer word. En diegene wat deelgenote wil word
van Sy goddelike eienskappe, en wil deel in Sy vreugde oor verloste
siele, moet Sy voorbeeld van onselfsugtige diens volg.
Dit alles was inbegrepe in die woorde van Jesus, “Ek het julle
n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te
doen.” Dit was die doel van die diens wat Hy ingestel het. “As julle
hierdie dinge weet,” as julle die doel van Sy lesse weet, “salig is
julle as julle dit doen.”
[670]