Page 602 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

598
DIE KONING VAN DIE EEUE
Hierdie verordening is Christus se instelling as voorbereiding
vir die heilige Sakrament van die Avondmaal. Terwyl hoogmoed,
tweedrag en stryd om die hoogste plek gekoester word, kan die hart
nie in gemeenskap met Christus kom nie. Ons is nie gereed om
gemeenskap aan Sy liggaam en Sy bloed te hê nie. Dit is daarom
dat Jesus die verordening van Sy vernedering ingestel het om eers
gehou te word.
Waar hulle hierdie instelling hou, moet die kinders van God dink
aan die woorde van die Here van lewe en heerlikheid: “Verstaan
julle wat Ek aan julle gedoen het? Julie noem My Meester en Here,
en julle is reg; want Ek is dit. As Ek dan, die Here en Meester,
julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te
was. Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle
gedoen het, ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, n
[668]
slaaf is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is nie groter as die
een wat hom gestuur het nie. As julle hierdie dinge weet, salig is
julle as julle dit doen.” Daar is in die mens ’n neiging om te dink dat
hy hoër is as sy medemens, om vir homself te werk, en om na die
hoogste plek te streef; dikwels laat dit bose bedenkinge en bitterheid
van gees ontstaan. Die seremonie wat die Avondmaal voorafgaan,
moet al hierdie misverstande uit die weg ruim, die mens van selfsug
bevry, hom terug bring uit die hoogtes van selfverheffing na die
nederigheid van hart wat hom sal lei om sy broeder te dien.
Die heilige Waarnemer uit die hemel is teenwoordig by die vie-
ring van hierdie instelling om dit ’n tyd van selfondersoek en oortui-
ging van sonde te maak, en die salige versekering van die vergifnis
van die sonde te gee. Christus is daar in die volheid van Sy genade
om die gedagtes wat in selfsugtige kanale geloop het, te verander.
Die Heilige Gees verkwik die sinne van diegene wat die voorbeeld
van hulle Here volg. Waar die Heiland se vernedering deur ons
gedenk word, word gedagte met gedagte verbind; ’n ketting van her-
inneringe word gesmee — herinneringe aan Gods groot goedheid, en
die gunste en tederheid van aardse vriende. Seëninge wat vergeet is,
genade wat misbruik is, en vriendelikhede wat versmaai is, kom in
herinnering. Wortels van bitterheid wat die kosbare plante van liefde
verdruk het, word geopenbaar. Karaktergebreke, verwaarlosing van
pligte, ondankbaarheid aan God en kilheid teenoor broeders word
in herinnering gebring. Die sonde word gesien in die lig waarin