’
n Kneg van Knegte
597
nie, en nogtans het Hy Hom neergebuig tot die nederigste diens.
Sodat Sy kinders nie verlei kon word deur die hoogmoed van die
natuurlike hart wat selfsug in die hand werk nie, het Christus self
aan hulle die voorbeeld van nederigheid gestel. Hy sou nie hierdie
groot onderwerp in mense- hande laat nie. Hy het dit van soveel
betekenis geag, dat Hy self, die Een wat aan God gelyk is, as slaaf
opgetree het vir Sy dissipels. Terwyl hulle gestry het oor die hoogste
plek, het Hy, voor wie alle knieë sal buig, en wie die engele dit as ’n
eer beskou om te dien, neergebuig om die voete te was van diegene
wat Hom Here genoem het. Hy het die voete van Sy verraaier gewas.
In Sy lewe en lesse het Christus die volmaakte voorbeeld gestel
van daardie onselfsugtige diens wat sy oorsprong in God het. God
lewe nie vir Homself nie. Deur die skepping van die wêreld, en
[667]
deur die instandhouding van alle dinge, werk Hy gedurig vir ander.
“
Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op
regverdiges en onregverdiges.” Matt. 5: 45. Hierdie ideaal van diens
het God aan Sy Seun toevertrou. Jesus sou staan aan die hoof van
die mensdom sodat Hy deur Sy voorbeeld hulle kon leer wat diens
beteken. Sy hele lewe was onder ’n wet van diens. Hy het almal
bedien en gedien. So het Hy die wet van God uitgelewe en deur Sy
voorbeeld gewys hoe ons dit moet gehoorsaam.
Keer op keer het Jesus probeer om hierdie beginsel onder Sy
dissipels te bevestig. Toe Jakobus en Johannes met hulle versoek
om die hoogste plek gekom het, het Hy gesê, “Elkeen wat onder
julle groot wil word, moet julle dienaar wees.” Matt. 20: 26. In My
koninkryk het die begeerte om voorgetrek te word en die grootste
te wees geen plek nie. Die enigste grootheid is die grootheid van
nederigheid. Die enigste onderskeiding sal gevind word in diens vir
ander.
Nadat Hy die dissipels se voete gewas het, het Hy gesê, “Ek het
julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook
so te doen.” In hierdie woorde het Christus nie net die gewoonte van
gasvryheid beveel nie. Daar is meer bedoel as slegs die afwassing
van die stof van die voete van gaste na ’n reis. Christus het hier ’n
godsdienstige instelling bevestig. Deur die handeling van die Here
is hierdie vernederende seremonie ’n heilige verordening gemaak.
Die dissipels moes dit nakom om altyd te dink aan Sy lesse van
nederigheid en diens.