Page 600 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

596
DIE KONING VAN DIE EEUE
liefde gebring is nie, was nie een van hulle gereed vir deelname
aan die Pasga, en kon hulle nie deelneem aan die gedenkdiens wat
Christus wou instel nie. Hulle harte moet gereinig word. Hoogmoed
en selfsug veroorsaak tweedrag en haat, maar dit alles het Jesus
afgewas toe Hy hulle voete gewas het. ’n Verandering van gevoelens
is teweeggebring. Toe Jesus na hulle kyk, kon Hy sê, “Julie is rein.”
Nou was daar eensgesindheid en liefde vir mekaar. Nou was hulle
nederig en geseglik. Elkeen, behalwe Judas, was nou gereed om aan
die ander die hoogste plek te gee. Met stil en dankbare harte kon
hulle nou Christus se woorde aanneem.
Net soos Petrus en sy broeders, is ons ook gewas in die bloed van
Christus, maar dikwels word ons harte deur aanraking met die sonde
besoedel. Ons moet na Christus kom vir Sy reinigende genade, Petrus
[666]
het daarvoor teruggedeins om sy besoedelde voete in aanraking te
bring met die hande van sy Here en Meester; maar hoe dikwels bring
ons ons sondige besoedelde harte in kontak met die hart van Christus!
Hoe grief ons opvlieëndheid, ons ydelheid, en ons hoogmoed Hom!
Maar nogtans moet ons al ons krankhede en besoedeling na Hom toe
bring. Hy alleen kan ons rein was. Ons is nie gereed vir gemeenskap
met Hom tensy ons deur Hom gereinig is nie.
Jesus het aan Sy dissipels gesê, “Julle is rein, maar nie almal
nie.” Hy het Judas se voete gewas, maar sy hart was nie oorgegee aan
Hom nie. Dit was nie gereinig nie. Judas het hom nie aan Christus
oorgegee nie.
Nadat Christus die dissipels se voete gewas het, en weer Sy klere
aangetrek en gaan sit het, het Hy aan hulle gevra, “Verstaan julle wat
Ek aan julle gedoen het? Julle noem My Meester en Here, en julle is
reg; want Ek is dit. As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete
gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. Want Ek
het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het,
ook so te doen. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n slaaf is nie
groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat
hom gestuur het nie.”
Christus wou Sy dissipels laat verstaan dat hoewel Hy hulle
voete gewas het, dit niks van Sy waardigheid afgeneem het nie.
Julle noem My Meester en Here, en julle is reg; want Ek is dit.” En
omdat Hy so oneindig hoër as hulle was, kon Hy waardigheid en
betekenis aan daardie diens gee. Niemand is so verhewe as Christus