Page 599 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Kneg van Knegte
595
skaamte vervul om te dink dat een van die dissipels nie hierdie werk
onderneem het nie. “Wat Ek doen,” het Christus gesê, “begryp jy
nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.” Petrus kon dit nie oor sy
hart kry om sy Here, wie hy aangeneem het as die Seun van God, in
die rol van ’n kneg te sien nie.’ Sy hele siel het in opstand gekom
teen hierdie vernedering. Hy het nie besef dat Christus vir hierdie
doel in die wêreld gekom het nie. Beslis het hy uitgeroep, “U sal my
voete in der ewig- heid nie was nie.”
Plegtig het Christus aan Petrus gesê, “As Ek jou nie was nie, het
jy geen deel met My nie.” Die diens wat Petrus geweier het, was ’n
beeld van ’n dieper reiniging. Christus het gekom om die hart rein te
was van die besoedeling van die sonde. Deur te weier om Christus
[665]
sy voete te laat was, het Petrus daardie dieper reiniging geweier. In
werklikheid het hy sy Here verwerp. Dit is nie vernederend vir die
Meester wanneer ons Hom toelaat om ons te reinig nie. Ware nede-
righeid is die aanname met ’n dankbare hart van enige voorsiening
wat vir ons gemaak is, en om in erns vir Christus te werk.
Op die woorde, “As Ek jou nie was nie, het jy geen deel met
My nie,” het Petrus sy hoogmoed en eiesinnigheid opgegee. Hy kon
nie dink om van Christus geskei te wees nie; dit sou vir hom die
dood beteken het. Toe het hy gesê, “Here, nie net my voete nie, maar
ook die hande en die hoof. Jesus sê vir hom: Hy wat klaar gewas is,
het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal
rein.”
Hierdie woorde het gedoel op meer as liggaamlike reinheid.
Christus het nog gespreek van daardie dieper reiniging, gesimboli-
seer deur die wassing van die voete. Die een wat uit die bad kom,
is rein, maar die voete met sandale aan, word gou weer met stof
bedek, en het nodig om gewas te word. So is Petrus en sy broeders
gewas in die Groot Fontein wat vir die sonde en onreinheid geopen
is. Christus het hulle as syne erken. Maar versoeking het hulle tot
die sonde verlei, en hulle het nog Sy reinigende genade nodig gehad.
Toe Jesus Hom met die doek omgord het om die stof van hulle voete
af te was, wou Hy deur daardie daad die vervreemding, jaloesie
en hoogmoed van hulle harte afwas. Dit was van groter waarde as
afwassing van die stof aan hulle voete. Met die gees wat hulle toe
gehad het, was nie een van hulle in ’n toestand vir gemeenskap met
Christus nie. Voordat hulle nie in ’n toestand van nederigheid en