594
DIE KONING VAN DIE EEUE
dat die Vader alle dinge in Sy hande gegee het, en dat Hy van God
gekom het en tot God sou teruggaan. Hy was ten volle bewus van Sy
Godheid; maar Hy het Sy koninklike kroon en kleed afgelê, en die
gestalte van n dienskneg aangeneem. Een van die laaste handelinge
van Sy lewe op aarde was om Hom soos ’n dienskneg te omgord en
die werk van ’n slaaf te doen.
Voor die Pasga het Judas vir n tweede keer die priesters en
skrifgeleerdes ontmoet en die plan met hulle beklink om Jesus in
hulle hande oor te lewer. Maar nogtans het hy daarna dood onskuldig
onder die dissipels beweeg, en gehelp met die voorbereidings vir die
fees. Die dissipels het niks geweet van Judas se planne nie. Alleen
Jesus kon die geheim van sy hart lees. Maar Hy het hom nie aan die
kaak gestel nie. Jesus het verlang om sy siel te red. Ten behoewe
[664]
van Judas het daar net so ’n swaar las op Sy hart gedruk as toe
Hy oor die gedoemde stad geween het. Sy hart het uitgeroep, Hoe
kan ek jou opgee? Judas het die drang van daardie liefde gevoel.
Toe die Heiland se hande daardie besoedelde voete gewas en hulle
met die doek afgedroog het, is die hart van Judas so aangeraak dat
Hy ’n sterk drang gevoel het om sy sonde te bely. Maar hy wou
homself nie verneder nie. Hy het sy hart teen bekering verhard, en
die ou gevoelens wat hy vir ’n oomblik onderdruk het, het weer die
oorhand gekry. Judas het hom nou vererg dat Christus die voete van
die dissipels gewas het. As Jesus Homself so kon verneder, het hy
gedink, dan was Hy seker nie Israel se koning nie. Alle hoop op
wêreldse eer in ’n aardse koninkryk was nou vernietig. Judas was
nou oortuig dat daar niks te win was deur Christus te volg nie. Nadat
hy gesien het hoe Christus Homself verneder, soos hy gedink het,
was hy vasbeslote om Hom nie meer te ken nie, en om te erken
dat hy bedrieg was. n Duiwel het van hom besit geneem, en hy het
besluit om die werk wat hy onderneem het, af te handel, naamlik die
verraaiing van sy Here.
In die keuse van sy plek aan tafel het Judas probeer om homself
eerste te plaas, en Christus, as kneg, het hom eerste bedien. Johannes,
teen wie Judas so bitter gevoel het, is laaste bedien. Maar Johannes
het dit nie as ’n bestraffing of affront beskou nie. Terwyl die dissi-
pels Christus gadegeslaan het, is hulle diep ontroer. Toe Petrus aan
die beurt kom, het hy in verbasing gevra, “Here gaan U my voete
was?” Christus se neerbuigende liefde het sy hart gebreek. Hy is met