Page 597 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Kneg van Knegte
593
gaan sit; Johannes het aan Sy regterhand plaasgeneem. As daar ’n
hoogste plek was, dan sou Judas sorg dat hy dit kry, en daardie plek
was langs Christus. En Judas was n verraaier.
Daar was nog ’n ander oorsaak vir tweedrag. By ’n feesmaal
was dit gebruiklik dat ’n slaaf die voete van die gaste was, en by
hierdie ge- leentheid is daar ook voorsiening gemaak vir die diens.
Die waterkruik, die skottel, en die handdoek was daar, in gereedheid
vir die voetewas; maar daar was geen slaaf nie, en een van die
dissipels sou hierdie werk moes doen. Maar elkeen van hulle, het uit
hoogmoed, besluit dat hy nie die rol van ’n slaaf sou speel nie. Almal
van hulle het daar ewe sedig blysit, asof hulle heeltemal onbewus
was dat daar iets was vir hulle om te doen. Deur hulle stilswye het
hulle geweier om hulle te verneder.
[663]
Wat sou Christus doen om hierdie arme siele te bring tot die plek
waar die Satan nie ’n besliste oorwinning oor hulle kon behaal nie?
Hoe sou Hy hulle wys dat ’n blote belydenis van dissipelskap hulle
nie werklik dissipels gemaak, of ’n plek in Sy koninkryk vir hulle
verseker het nie? Hoe sou Hy hulle wys dat dit liefdesdiens is, ware
nederigheid, wat werklike grootheid uitmaak? Hoe sou Hy liefde
in hulle harte kan aansteek, en hulle help om te verstaan wat Hy so
graag aan hulle wou sê?
Die dissipels het geen beweging gemaak om mekaar te dien nie.
Jesus het vir n ruk gewag om te sien wat hulle sou doen. Toe het Hy,
die goddelike Leraar, van die tafel af opgestaan. Hy het Sy bo- klere
uitgetrek sodat dit Hom nie kon hinder nie, en toe het Hy ’n doek
geneem en dit om Hom vasgemaak. Met verbaasde belangstelling
het die dissipels gesit en toekyk, en in stilte gewag om te sien wat
sou volg. “Daarna het Hy water in n bak gegooi en het begin om die
voete van die dissipels te was en af te droog met die doek wat Hy om
gehad het.” Hierdie optrede het die oë van die dissipels oopgemaak.
Bittere skaamte en vernedering het hulle harte gevul. Hulle het die
onuitge- sproke bestraffing verstaan, en hulle het hulleself in ’n
heeltemal nuwe lig gesien.
So het Christus uiting gegee aan Sy liefde vir Sy dissipels. Hulle
selfsugtige gees het Hom met droefheid vervul, maar Hy het hulle
nie hard aangespreek oor hulle moeilikheid nie. In stede daarvan het
Hy hulle n voorbeeld gestel wat hulle nooit sou vergeet nie. Sy liefde
vir hulle kon nie maklik verflou of uitgeblus word nie. Hy het geweet