592
DIE KONING VAN DIE EEUE
deurboor. Hy het geweet dat Hy verlaat sou word in die uur van Sy
verraaiing. Hy het geweet dat Hy deur die mees vernederende proses
waaraan misdadigers onderworpe kan word, om die lewe gebring
sou word. Hy was bewus van die ondankbaarheid en wreedheid van
diegene vir wie se verlossing Hy gekom het. Hy het geweet watter
groot offer Hy moes gee, en vir hoeveel dit vergeefs sou wees. Omdat
Hy van alles geweet wat Hom gewag het, sou dit heeltemal natuurlik
vir Hom gewees het as die gedagte aan Sy vernedering en lyde Hom
oorweldig het. Maar Hy het gedink aan die twaalf wat by Hom was
as Sy eie, en dat hulle, ná Sy vernedering en foltering, alleen in die
wêreld sou moes worstel. Die gedagte aan wat Hy self sou ly, was
altyd in verband met Sy dissipels. Hy het nie aan Homself gedink
nie. Besorgdheid oor hulle was maar altyd in Sy gedagte.
Op hierdie laaste aand saam met Sy dissipels, het Jesus veel
gehad om aan hulle mee te deel. As hulle maar in staat was om
te ontvang wat Hy so graag wou meedeel, sou hulle gered gewees
het van daardie hartverskeurende angs, en van die teleurstelling en
ongeloof. Maar Jesus het gesien dat hulle nie sou kon verdra wat
Hy aan hulle wou sê nie. Toe Hy so in hulle gesigte kyk, het Hy
die woorde van waarskuwing en vertroosting nie geuiter nie. Die
oomblikke het in
[662]
Daar het “twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste
geag moet wees.” Hierdie stryd, in die teenwoordigheid van Christus,
het Hom gegrief en seergemaak. Die dissipels het vasgehou aan hulle
geliefkoosde idee dat Christus Sy mag sou openbaar en die troon
van Dawid sou bestyg. En in hulle harte het elkeen die hoogste plek
begeer in die koninkryk. Elkeen het sy eie waarde, en die van die
ander, bereken; en pleks dat hulle hulle broeders van meer waarde
geag het, het elkeen homself eerste geplaas. Die versoek van Jakobus
en Johannes om aan die regter- en linkerhand van Christus se troon
te sit, het verontwaardiging by die ander laat ontstaan. Dat hierdie
twee broers die vermetelheid gehad het om die hoogste plekke te
vra, het die ander tien so verontwaardig dat vervreemding tussen
hulle gedreig het. Hulle het gevoel dat hulle verontreg is, en dat hulle
getrouheid en talente nie gewaardeer is nie. Judas het Jakobus en
Johannes die hardste aangespreek.
Toe die dissipels die eetvertrek binnekom, was hulle harte vo on-
vriendelike gevoelens. Judas het dig teen Christus aan Sy linkerhand