Page 595 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

n Kneg van Knegte
IN die bovertrek van n huis in Jerusalem, het Christus aan tafel
gesit met Sy dissipels. Hulle het saamgekom om die pasga te vier.
Die Heiland wou graag hierdie fees alleen vier met die twaalf. Hy
het geweet dat Sy uur gekom het; Hy slef was die ware paaslam,
en op die dag wanneer die Pasga geeet word, sou Hy geoffer word.
Hy het op die punt gestaan. Maar daar was nog n paar stille ure oor
vir Hom, en Hy sou hulle deurbring vir die voordeel van Sy geliefe
dissipels.
Christus se hele lewe was n lewe van onselfsugtige diens. In
elkeen van Sy dade was die les, nie “om gedien te word nie, maar
om te dien.” Maar die dissipels het nog nie daardie les geleer nie.
Op hierdie laaste Pasga het Jesus Sy lering herhaal deur n illustrasie
wat dit vir ewig op hulle harte ingebrand het.
Die gesprekke tussen Jesus en Sy sissipels was gewoonlik tye van
kalme vreugde, hoog op prys gestel deur hulle almal. Die paasfeeste
[661]
was tye van spesiale belang; maar by hierdie een was Jesus ontstel.
Daar het n las op Sy hart gedruk, en Sy gelaat was droewig. Toe
Hy Sy dissipels daar in die boyertrek ontmoet het, het hulle gemerk
dat Hy ’n gewigtige saak op die hart gehad het, en alhoewel hulle
nie geweet het wat die oorsaak daarvan was nie, het hulle met Hom
gesim- patiseer in Sy droefheid.
Terwyl hulle daar om die tafel gesit het, het Hy in groot droefheid
gesê, “Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie Pasga met julle
te eet voordat Ek ly. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer
daarvan eet totdat dit in die koninkryk van God vervul is nie. En toe
Hy ’n beker aangeneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit
onder julle. Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die
vrug van die wynstok totdat die koninkryk van God gekom het nie.”
Christus het geweet dat die tyd vir Hom gekom het om die wêreld
te verlaat en na Sy Vader te gaan. “Omdat Hy Sy eie mense in die
wêreld liefgehad het, [het Hy] hulle liefgehad tot die einde toe.” Hy
het nou in die skaduwee van die kruis gestaan, en angs het Sy hart
591