Page 593 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Geringstes van Hierdie Broeders van My”
589
kan hulle ’n werk in die huis, in die buurt, en in die kerk doen,
en selfs ook in “plekke anderkant hulle,” die gevolge waarvan so
verreikend kan wees soos die ewigheid.
Dit is omdat hierdie werk verwaarloos word dat so baie jong
dissipels nooit verder kom as die alfabet van die Christelike lewe
nie. Die lig wat in hulle eie harte gebrand het toe Jesus aan hulle
gesê het, “Jou sondes is jou vergewe,” kon hulle brandend gehou
het deur die behoeftiges te help. Daardie rustelose energie wat so
dikwels ’n bron van gevaar is vir jongmense, kan in kanale gestuur
word wat in strome van seën sal vloei. Die eie-ek sal vergeet word
in ernstige werk om goed te doen aan ander.
Diegene wat ander dien, sal bedien word deur die Opperherder.
Hulle sal self drink van die lewegewende water en versadig word.
Hulle sal nie hunker na opwindende plesier of vir ’n verandering
in hulle lewe nie. Die onderwerp van die grootste belang sal wees
hoe om die siele te red wat op die punt staan om te vergaan. Sosiale
omgang sal voordelig wees. Liefde vir die Verlosser sal harte saam-
snoer.
Wanneer ons besef dat ons medewerkers van God is, sal ons nie
Sy beloftes in onverskilligheid verkondig nie. Hulle sal in ons harte
brand en as vurige kole oor ons lippe kom. Aan Moses, wat geroep
[658]
was om ’n onkundige, ongedissiplineerde, en opstandige volk te
dien, het God die vraag gestel, “Moet Ek self meegaan om jou die
rusplek te verskaf?” En Hy het gesê, “Ek sal met jou wees.” Exod.
33: 14; 3: 12.
Hierdie belofte geld vir almal wat in die plek van
Christus werk vir Sy beproefde, lydende kinders.
Liefde vir die mens is die aardse openbaring van die liefde van
God. Dit was om hierdie liefde in ons harte te bring, om ons kinders
van een gesin te maak, dat die Koning van heerlikheid een met ons
geword het. Wanneer Sy afskeidswoorde gehoorsaam word, “dat
julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het” Joh. 15: 12;
wanneer ons die wêreld liefgehad het soos Hy dit liefgehad het, dan
is Sy sending vir ons volbring. Ons is geskik vir die hemel, want ons
het die hemel in ons harte.
Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slag-
bank wankel — hou hulle tog terug! As jy sê: Kyk, ons het dit nie
geweet nie! — sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy
wat jou lewe behoed, sal Hy dit nie weet nie? Want Hy vergeld die