588
DIE KONING VAN DIE EEUE
Maar Christus sien alles, en Hy sê, Dit is Ek wat honger en dors
was. Dit is Ek wat ’n vreemdeling was. Dit is Ek wat siek was.
Dit is Ek wat in die gevangenis was. Terwyl julle lekker geëet het
van julle vol tafels, het Ek honger gely, in ’n krot, of dakloos op
straat. Terwyl julle in gemak in julle mooi huise gesit het, het Ek
geen plekkie gehad om My hoof neer te lê nie. Terwyl julle julle
klerekaste vol duur klere gestop het, was Ek nakend. Terwyl julle
julle plesier nage- jaag het, het Ek gesit en kwyn in die gevangenis.
Het julle besef, toe julle die stukkie brood aan die hongerlydende
armes gegee het, en die klere om iemand teen die koue te beskut,
dat julle dit aan die Here van heerlikheid gegee het ? Julie hele lewe
lank was Ek onder julle in die persoon van daardie beproef des, maar
julle het My nie gesoek nie. Julle wou nie in gemeenskap met My
kom nie. Ek ken julle nie.
Daar is baie wat voel dat dit ’n groot voorreg sal wees om die
tonele van Christus se aardse lewe te besoek, om te loop waar Hy
geloop het, om die meer te aanskou waar Hy so graag geleer het, en
om te kyk na die berge en dale wat Sy oë so baiemaal aanskou het.
Maar ons hoef nie na Nasaret, na Kapernaum, of Betanië te gaan om
in die voetspore van Jesus te loop nie. Ons sal Sy voetspore vind
by die siek- bed, in die krotte van armoede, in die woelige strate
van ’n groot stad, en in elke plek waar daar menslike harte is wat
behoefte het aan troosting. As ons sou doen wat Jesus gedoen het op
[657]
die aarde, dan sal ons in Sy voetstappe wandel.
Daar is werk te doen vir almal. “Die armes het julle altyd by
julle” Joh. 12: 8, het Jesus gesê, en niemand hoef te voel dat daar
geen plekkie is waar hulle vir Hom kan werk nie. Daar is miljoene
en miljoene siele wat op die punt staan om te beswyk, gebonde in
die kettings van onkunde en sonde, en wat nog nooit gehoor het van
Christus se liefde vir hulle nie. As ons met hulle plekke kon omruil,
wat sou ons verlang dat hulle vir ons moet doen? Dit alles, sover
ons by magte is om dit te doen, is ons onder verpligting om vir hulle
te doen. Christus se lewensreël, waarby ons sal staan of val in die
oordeel, is, “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet
doen —net so moet julle aan hulle ook doen.” Matt. 7: 12.
Die Heiland het Sy kosbare lewe gegee om ’n kerk te stig wat in
Staat sal wees om te sorg vir treurende, versoekte siele, ’n Groep ge-
lowiges mag arm wees, ongeleerd, en onbekend; maar in Christus