“
Die Geringstes van Hierdie Broeders van My”
587
Die engele van die hemel word uitgestuur as dienaars van diegene
wat die saligheid sal beërf. Ons weet nie nou wie hulle is nie; dit
is nog nie geopenbaar wie sal oorwin en wie deelgenote sal word
van die erfdeel van die heiliges in die lig nie; maar engele van die
hemel deurkruis die lengte en breedte van die aarde, soekende om
die treu- rendes te vertroos, die wat in gevaar is, te beskerm, en die
harte van mense tot Christus te win. Nie een word verwaarloos of
verbygegaan nie. God is nie ’n aannemer van die persoon nie; Hy
sorg vir al die siele wat Hy geskape het.
Waar u u deur oopmaak vir Christus se behoeftige en lydende
kinders, verwelkom u ook onsigbare engele. U nooi die geselskap uit
van hemelse wesens. Hulle bring ’n heilige atmosfeer van vreugde
en vrede. Hulle kom met lof op hulle lippe, en daarop word in die
hemel antwoord gegee. Elke daad van ontferming maak musiek daar.
Daar op Sy troon reken die Vader die onselfsugtige werkers onder
Sy kosbaarste skatte.
Diegene aan die linkerhand van Christus, diegene wat Hom ver-
waarloos het in die persoon van die armes en die lydendes, was nie
bewus van hulle skuld nie. Die Satan het hulle verblind; hulle het
nie besef wat hulle aan hulle broeders verskuldig is nie. Hulle was
selfgtig en het hulle nie gesteur aan die behoeftes van ander nie.
Aan die rykes het God rykdom gegee sodat hulle Sy lydende
kinders kon help en vertroos; maar so dikwels staan hulle gevoelloos
teenoor die behoeftes van ander. Hulle voel dat hulle beter is as
[656]
hulle arm broeders. Hulle stel hulle nie in die arm man se plek nie.
Hulle verstaan nie die versoekings en stryd van die armes nie, en
barmhartigheid sterf uit hulle harte uit. In duur woonhuise en in
pragtige kerke sluit die rykes hulle af van die armes; die middels
wat God aan hulle gegee het om die behoeftiges te seën, bestee hulle
aan hulle eie hoogmoed en selfsug. Die armes word daeliks beroof
van die onderrig wat hulle moet kry aangaande die barmhartigheid
van God; want Hy het genoegsame voorsiening gemaak sodat hulle
die vertroosting van die nodige lewensmiddels kan hê. Hulle word
gedwing om die armoede te verduur wat die lewe vereng, en dikwels
kom hulle in die versoeking om nydig te wees, en jaloers, en vol
bose bedenkinge. Diegene wat self nie die druk van armoede gevoel
het nie, bejeën die armes baie dikwels met veragting, en laat hulle
voel dat hulle beskou word as bedelaars.