586
DIE KONING VAN DIE EEUE
My sien. Net soos julle My sou dien, so moet julle hulle dien. Dit is
die bewys dat julle My dissipels is.
Almal wat gebore is in die hemelse gesin is in ’n spesiale sin die
broeders van onse Here. Die liefde van Christus is die band wat die
lede van Sy gesin saambind, en waar daardie liefde geopenbaar word,
daar ook word die goddelike verwantskap geopenbaar. “Elkeen wat
liefhet, is uit God gebore en ken God.” 1 Joh. 4: 7.
Diegene wat Christus sal prys in die oordeel mag maar min
teologie geken het, maar hulle het Sy beginsels liefgehad. Onder
die invloed van die goddelike Gees was hulle ’n seën vir diegene
rondom hulle. Selfs onder die heidene is daar diegene wat die gees
van vriendelikheid gekoester het; nog voordat hulle die woorde van
die lewe gehoor het, het hulle sendelinge bevriend en hulle gedien
in lewensgevaar vir hulleself. Onder die heidene is daar diegene wat
God onwetend dien, diegene aan wie die lig nie deur mense gebring
is nie, maar hulle sal nie verlore gaan nie. Alhoewel hulle onbekend
is met Gods geskrewe wet, het hulle Sy stem in die natuur tot hulle
hoor spreek, en hulle het die dinge gedoen wat deur die wet vereis
word. Hulle werke getuig dat die Heilige Gees hulle harte aangeraak
het, en hulle word erken as kinders van God.
Hoe verras en bly sal die nederiges onder die volke wees, en
onder die heidene, om van die lippe van die Verlosser te hoor, “Vir
sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie
broeders van My, het julle dit aan My gedoen”! Hoe bly sal die harte
[655]
van ewige liefde wees wanneer Sy kinders so verras en bly opkyk as
hulle Sy woorde van goedkeuring aanhoor!
Maar Christus se liefde is nie net tot sekere klasse beperk nie.
Hy vereenselwig Hom met elke mensekind. Sodat ons lede van die
hemelse gesin kan word, het Hy ’n lid van die aardse gesin geword.
Hy is die Seun van die mens, en dus ’n broer van elke seun en dogter
van Adam. Sy navolgers moet nie voel dat hulle los staan van die
verloregaande wêreld rondom hulle nie. Hulle is deel van die groot
weefsel van die mensdom; en die Hemel beskou hulle as broers
van sowel sondaars as heiliges. Die gevallenes, die dwalendes, en
die sondiges, almal word omhels deur Christus se liefde; en elke
vriende- like daad vir die opheffing van ’n gevalle siel, elke daad
van ontfer- ming, word aangeneem asof dit aan Hom gedoen is.