Page 589 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Geringstes van Hierdie Broeders van My”
WANNEER die Seun van die mens kom in Sy heerlikheid en
al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike
troon sit; en voor Hom sal al die nasies bymekaargebring word, en
Hy sal hulle van mekaar afskei.” So het Christus op die Olyfberg
vir Sy dissipels die toneel van die groot oordeelsdag geskilder. Die
uitspraak was afhanklik van een feit: Wanneer die nasies voor Hom
vergader is, sal daar net twee klasse wees, en hulle ewige lot sal
beslis word deur wat hulle vir Hom gedoen het, of nagelaat het om
te doen, in die persoon van die armes en lydendes.
In daardie dag sal Christus nie aan die mense die groot werk
voorstel wat Hy vir hulle gedoen het deur Sy lewe te gee vir hulle
verlossing nie. Hy praat van die getroue werk wat hulle vir Hom
gedoen het. Aan diegene wat Hy aan Sy regterhand gestel het, sê Hy,
Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk wat vir
julle toeberei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het
honger gehad, en julle het My iets gegee om te eet; Ek het dors gehad,
en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en
julle het My herberg gegee; Ek was nakend, en julle het My geklee;”
[654]
Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en
julle het na My gekom.” Maar diegene wat Christus hier prys weet
nie van hierdie dinge wat hulle vir Hom gedoen het nie. Op hulle
vrae van verbasing antwoord Hy, “Vir sover julle dit gedoen het aan
een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan
My gedoen.”
Jesus het aan Sy dissipels gesê dat hulle deur alle mense gehaat
sou wees, dat hulle vervolg sou word en sou ly. Baie sou uit hulle
huise verjaag en in armoede gedompel word. Baie sou in eilende
verkeer ten gevolge van siekte en ontbering. Baie sou in die gevan-
genis gewerp word. Aan almal wat hulle vriende en huise sou verlaat
vir Sy ontwil, het Hy in hierdie lewe ’n honderdvoud belowe. Nou
het Hy ’n spesiale seën verseker aan almal wat hulle broeders gedien
het. In almal wat vir My Naam ontwil ly, het Jesus gesê, moet julle
585