Page 586 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

582
DIE KONING VAN DIE EEUE
hulle heer hulle rantsoen op tyd gee. Lukas 12:42. Hulle verkondig
die waarheid wat nou veral van toepassing is. Soos Henog, Noag,
Abraham, en Moses die waarheid, eenkeer vir hulle tyd, verkondig
het, so sal Christus se dienaars nou die spesiale waarskuwing aan
hulle geslag gee.
Maar Christus openbaar nou ’n ander klas: “Maar as daardie
slaaf in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die slawe en
slavinne begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, dan sal
die heer van daardie slaaf kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie.”
Die bose slaaf sê in sy hart, “My heer talm om te kom.’ Hy sê nie
dat Christus nie sal kom nie. Hy spot nie met die idee van Sy tweede
koms nie. Maar in sy hart en deur sy dade en woorde verklaar hy dat
die koms van die Here vertraag is. Hy neem uit die harte van ander
die oortuiging weg dat die Here spoedig sal kom. Sy invloed beweeg
mense tot vermetele, onverskillige uitstel. Hulle word bevestig in
hulle wêreldsgesindheid en ongevoeligheid. Aardse drifte en vuil
gedagtes neem besit van die hart. Die bose slaaf eet en drink saam
met die dronkaards, en gee homself oor aan singenot. Hy slaan sy
medeslawe, en beskuldig en veroordeel diegene wat getrou is aan
hulle Meester. Hy gaan met wêreldlinge om. Hy word soos diegene
met wie hy omgaan. Dit is ’n vreeslike assimilasie. Saam met die
wêreld word hy in die strik gevang. “Die heer van daardie slaaf sal
kom . . . op ’n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom middeldeur
sny en hom ’n deelgenoot maak van die ontroues.”
As jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ’n
dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.” Openb.
3: 3.
Die koms van Christus sal die valse leraars verras. Hulle sê,
Vrede en veiligheid.” Net soos die priesters en leraars vóór die ver-
woesting van Jerusalem, verwag hulle dat die kerk aardse voorspoed
en heerlikheid sal geniet. Hulle vertolk die tekens van die tye as
voorbodes daarvan. Maar wat sê die ingegewe woord? “Dan oorval
n skielike verderf hulle.” 1 Thess. 5: 3. Op almal wat op die aarde
[651]
woon, op almal wat hierdie wêreld hulle tuiste maak, sal die dag van
God kom soos ’n strik. Dit sal tot hulle kom soos ’n sluipende dief.
Die wêreld, vol geweld, vol goddelose plesier, is aan die slaap;
hy slaap in vleeslike gerustheid. Mense stel die koms van die Here
ver in die toekoms. Hulle bespot die waarskuwings. Hulle praat
groot en sê, Alles bly “soos dit was van die begin van die skepping