Op die O ly ƒ berg
581
nasies; en dan sal die einde kom.” Deur die evangelie aan die wêreld
te verkondig, is dit in ons mag om die wederkoms van die Here te
verhaas. Ons moet nie net die koms van die dag van God verwag
nie, maar dit ook verhaas. 2 Pet. 3:12. As die kerk van Christus sy
aangewese werk volgens die opdrag van die Here sou uitgevoer het,
sou die hele wêreld lankal gewaarsku gewees het, en die Here Jesus
sou na ons aarde teruggekom het in grote krag en heerlikheid.
Nadat Hy die tekens van Sy koms gegee het, het Christus gesê:
“
So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer
julle hierdie dinge sien gebeur.” “Pas op, waak en bid.” God het nog
altyd die mens gewaarsku van komende oordele. Diegene wat Sy
boodskap vir hulle tyd aangeneem het, en wat hulle geloof uitgelewe
het, in gehoorsaamheid aan Sy gebooie, het die oordele vrygespring
wat gekom het oor die wat ongehoorsaam en ongelowig was. Die
woord het tot Noag gekom, “Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin,
want jou het Ek regverdig bevind.” Noag het gehoorsaam en hy is
gered. Die boodskap het tot Lot gekom, “Maak julle klaar, gaan
uit hierdie plek uit, want die Here gaan die stad verwoes.” Gen. 7:
1; 19: 14.
Lot het homself geplaas onder die beskerming van die
hemelse boodskappers, en hy is gered. So is ook Christus se dissipels
gewaarsku van die verwoesting van Jerusalem. Diegene wat op hulle
hoede was vir die teken van die komende ramp, en uit die stad gevlug
het, het nie in die verwoesting omgekom nie. So word ons ook nou
gewaarsku van Christus se tweede koms en die verwoesting van
hierdie wêreld. Diegene wat ag slaan op die waarskuwing sal gered
word.
Omdat ons nie die juiste tyd van Sy koms weet nie, word ons
beveel om te waak. “Gelukkig is daardie slawe vir wie die heer
wakker sal vind as hy kom.” Lukas 12: 37. Diegene wat waghou vir
die Here se koms, moet nie in ledigheid wag nie. Die verwagting van
Christus se koms behoort mense godvresend en bang vir Sy straf op
oortreding te maak. Dit moet hulle onder ’n diep besef bring van die
[650]
groot sonde om Sy aanbod van genade te verwerp. Diegene wat wag
vir die Here, sal hulle siele reinig deur gehoorsaamheid aan die waar-
heid. Hulle sal getrou waghou en ywerig werk. Omdat hulle weet
dat die Here voor die deur is, sal hulle baie ywerig wees om saam
te werk met die hemelse werktuie vir die redding van siele. Hulle
is die getroue en verstandige bestuurders wat aan die diensvolk van