Page 584 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

580
DIE KONING VAN DIE EEUE
Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle
geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op
die dag dat Noag in die ark gegaan het, en nie verstaan het voordat
die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook wees
die koms van die Seun van die mens.” Christus het hier nie ’n aardse
millennium voorgestel nie —’n duisend jaar waarin almal hulle moet
voor- berei vir die hiernamaals nie. Hy het gesê dat toestande soos
in die dae van Noag sal heers wanneer die Seun van die mens weer
kom.
Hoe was dit in die dae van Noag? “Toe die Here sien dat die
boosheid van die mens op die aarde groot was, en al die versinsels
wat hy bedink in sy hart altyddeur net sleg was.” Gen. 6: 5. Die
bewoners van die wêreld vóór die sondvloed, het afvallig geword van
Jehova, en het geweier om Sy heilige wil te doen. Hulle het hulle eie
onheilige versinsels en verdraaide begrippe gevolg. Hulle is vernietig
oor hulle boosheid; en vandag bewandel die wêreld dieselfde pad.
Ons sien geen tekens van die heerlikheid van ’n millennium nie. Die
oortreders van Gods wet vervul die aarde met ongeregtigheid. Hulle
weddery, hulle perdewedrenne, hulle dobbelary, hulle losbandigheid,
hulle ontug, hulle onbeteuelde hartstogte, vervul vinnig die aarde
met geweld.
In die profesie van die verwoesting van Jerusalem, het Christus
gesê: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde
van die meeste verkoel. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal
gered word. En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig
word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal
die einde kom.” Hierdie profesie sal weer vervul word. Die algemene
boosheid van daardie tyd beleef ons ook in hierdie geslag. En so ook
met die verkondiging van die evangelie. Voor die val van Jerusalem,
het Paulus, onder ingewing van die Heilige Gees geskryf dat die
evangelie “aan die ganse mensdom onder die hemel” verkondig is.
Kol. 1: 23. En ook nou, vóór die koms van die Seun van die mens, sal
die ewige evangelie verkondig word “aan alle nasies en stamme en
[649]
tale en volke.” Openb. 14: 6, 14. God het “’n dag bepaal waarop Hy
die wêreld in geregtigheid sal oordeel.” Hand. 17: 30, 31. Christus
vertel ons wanneer daardie dag sal kom. Hy sê nie dat die wêreld tot
bekering sal kom nie, maar dat “hierdie evangelie van die koninkryk
verkondig sal word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die